1 Timoteus 4:1-5

1 Timoteus 4:1-5 ABA

Maar die Heilige Gees sê baie duidelik dat party mense in hierdie laaste dae van die wêreld sal ophou glo. Dit sal gebeur omdat hulle luister na bose geeste wat vir hulle verlei, en hulle doen dinge wat duiwels vir hulle leer. Die mense wat daardie dinge vir die gelowiges leer, is skynheilig en hulle vertel leuens. Hulle wil nie weet wat reg is en wat verkeerd is nie. Hierdie mense sê mense moenie trou nie en hulle moenie party soorte kos eet nie. Maar God het al die soorte kos gemaak sodat mense die kos mag eet en vir Hom dankie kan sê daarvoor. Dit is die mense wat in Christus glo en wat weet dat die boodskap van Christus waar is. Elke ding wat God gemaak het, is goed, en as mense vir God dankie sê vir die kos wat hulle van Hom kry, dan mag hulle al die soorte kos eet. Al die dinge wat God gemaak het, is goed. God het dit self gesê. En as julle vir Hom dankie sê vir die kos wat van Hom kom, dan is die kos goed.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 Timoteus 4:1-5

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid