1 Samuel 2:1-3

1 Samuel 2:1-3 ABA

Hanna het gebid en gesê: “Ek is vrolik, want die Here is by my. Ek is sterk, want die Here is by my. Ek lag vir my vyande, want U het my gered, en ek is bly. Daar is nie 'n ander heilige God soos die Here nie, net U is God, daar is nie 'n ander God nie. Daar is nie 'n ander Rots soos ons God nie. Julle moenie aanhou spog nie, julle moenie teen die Here praat nie, want die Here weet alles en Hy toets alles wat 'n mens doen.