1 Korintiërs 14:1-5

1 Korintiërs 14:1-5 ABA

Julle moet nooit ophou om lief te wees vir God en vir ander mense nie. Maar julle moet ook bid en hard werk vir die dinge wat die Heilige Gees vir julle gee, en die belangrikste wat Hy vir julle gesê het, is dat julle God se boodskap moet bring vir ander mense. Want wanneer iemand in tale praat, dan praat hy nie met mense nie, hy praat met God. Niemand verstaan dit nie, want hy praat geheime wat die Gees vir hom gee. Maar wanneer iemand die boodskap van God bring, dan praat hy met mense. En dit maak hulle geloof sterk, dit help hulle om aan te hou glo en dit troos hulle. Wanneer iemand in tale praat, dan maak hy sy eie geloof sterk. Maar wanneer iemand die boodskap van God bring, dan maak hy die mense van die kerk se geloof sterk. Ek wil graag hê dat julle almal in tale moet praat. Maar ek wil nog meer hê, ek wil hê dat julle God se boodskap moet bring. Iemand wat God se boodskap bring, is belangriker as iemand wat in tale praat. Iemand moet tolk en sê wat die persoon sê wat in tale praat. Dan sal dit goed wees vir die gemeente, want dan maak dit die gemeente se geloof sterk.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 Korintiërs 14:1-5

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid