1 Kronieke 3

3
Die kinders van Dawid
1Dawid het ses seuns gehad wat in Hebron gebore is. Die oudste seun was Amnon. Sy ma was Aginoam van die stad Jisreël. Die tweede seun was Daniël. Sy ma was Abigajil van die stad Karmel. 2Die derde seun was Absalom. Sy ma was Maäka, 'n dogter van koning Talmai van die land Gesur. Die vierde seun was Adonia. Sy ma was Gaggit. 3Die vyfde seun was Sefatja. Sy ma was Abital. Die sesde seun was Jitream. Sy ma was Dawid se vrou Egla. 4Dit is die ses seuns van Dawid wat in Hebron gebore is. Dawid was sewe jaar en ses maande lank koning in Hebron, en hy was 33 jaar lank koning in Jerusalem. 5In Jerusalem is daar nog seuns van Dawid gebore: Die vier seuns Sima, Sobab, Natan en Salomo se ma was Bat-Sua dogter van Ammiël. 6-8Dawid het nog nege seuns gehad: Jibgar, Elisama, Elifelet, Noga, Nefeg, Jafija, Elisama, Eljada en Elifelet. 9Dawid het nog seuns gehad, sy byvroue het ook nog seuns vir hom gekry. Hy het ook 'n dogter Tamar gehad.
Die nageslag van Salomo
10Die konings van die nageslag van Salomo was Rehabeam, Abia, Asa, Josafat, 11Joram, Ahasia, Joas, 12Amasia, Asarja, Jotam, 13Agas, Hiskia, Manasse, 14Amon en Josia. Elke koning het koning geword ná sy pa. 15Josia se vier seuns wat koning geword het, was Joganan, Jojakim, Sedekia en Sallum. 16Die seuns van Jojakim was Jojagin en Sedekia. 17Jojagin het 'n gevangene geword. Sy seuns was Sealtiël, 18Malkiram, Pedaja, Senassar, Jekamja, Hosama en Nedabja. 19Die seuns van Pedaja was Serubbabel en Simeï. Serubbabel se seuns was Mesullam en Gananja, en sy dogter was Selomit. 20Serubbabel het nog vyf ander seuns gehad. Hulle was Gasuba, Ohel, Berekja, Gasadja en Jusab-Gesed. 21Die seuns van Gananja was Pelatja, Jesaja, Refaja, Arnan, Obadja en Sekanja. 22Die ses seuns van Sekanja was Semaja, Gattus, Jigal, Bariag, Nearja en Safat. 23Die drie seuns van Nearja was Eljoënai, Hiskia en Asrikam. 24Die sewe seuns van Eljoënai was Hodauja, Eljasib, Pelaja, Akkub, Joganan, Delaja en Anani.

Tans Gekies:

1 Kronieke 3: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid