1 Kronieke 15

15
Dawid bring die kis van God na Jerusalem
1Dawid het vir hom paleise gebou in die Dawidstad. Hy het ook 'n plek gereedgemaak vir die kis van God en hy het 'n tent opgeslaan vir die kis. 2Dawid het daardie tyd gesê net die Leviete mag die kis van God dra, niemand anders mag dit dra nie. Die Here het hulle gekies om die kis te dra en om altyd daarmee te werk. 3Dawid het al die Israeliete na Jerusalem laat kom om die kis van die Here te bring na die plek wat hy daarvoor gereedgemaak het. 4Dawid het toe die nageslag van Aäron en die Leviete laat bymekaarkom. 5Van die Kehat-familie was daar 120 mense, en hulle leier was Uriël. 6Van die Merari-familie was daar 200, en hulle leier was Asaja. 7Van die Gersom-familie was daar 130, en hulle leier was Joël. 8Van die Elisafan-familie was daar 200, en hulle leier was Semaja. 9Van die Hebron-familie was daar 80, en hulle leier was Eliël. 10Van die Ussiël-familie was daar 112, en hulle leier was Amminadab. 11Dawid het die priesters Sadok en Abjatar geroep en ook vir Uriël, Asaja, Joël, Semaja, Eliël en Amminadab, hulle was Leviete. 12Hy het vir hulle gesê: “Julle is die hoofde van die Leviete-families. Julle moet julleself en julle families wy en julle moet die kis van die Here, die God van Israel, na die plek bring wat ek daarvoor gereedgemaak het. 13Julle het nie die vorige maal die kis gedra nie, en daarom het ons God die Here ons gestraf, want ons moes vir Hom gevra het hoe ons dit moet doen, maar ons het dit nie gevra nie.”
14Die priesters en die Leviete het hulleself gewy om die kis van die Here, die God van Israel, te gaan haal. 15Die Leviete het die kis van God op dra-houte op hulle skouers gedra soos Moses gesê het. Die Here het vir Moses gesê hulle moet die kis so dra. 16Dawid het vir die leiers van die Leviete gesê hulle moet Leviete kies en aanstel om te sing en om musiek-instrumente te speel: harpe en liere en simbale. Hulle moes wys dat hulle bly is en hulle moes hard skree. 17Die Leviete het toe hierdie manne laat gereedstaan, hulle was almal Leviete: Heman seun van Joël, Asaf seun van Berekja, en Etan seun van Kusaja van die Merari-familie. 18Saam met hulle was daar Leviete wat minder belangrik was: Sagaria, Jaäsiël, Semiramot, Jegiël, Unni, Eliab, Benaja, Maäseja, Mattitja, Elifele, Mikneja, en die poortwagte Obed-Edom en Jeïel. 19Die mense wat moes sing, was Heman, Asaf en Etan, hulle moes die brons simbale slaan. 20Sagaria, Asiël, Semiramot, Jegiël, Unni, Eliab, Maäseja en Benaja moes die harpe speel wat soos 'n vrou se stem is. 21Mattitja, Elifele, Mikneja, Obed-Edom, Jeïel en Asasja moes die liere speel wat soos 'n man se stem is. Hulle moes dit speel wanneer die mense sing. 22Kenanja was die hoof van die Leviete wat die goed moes dra. Kenanja het geweet hoe om dit te doen, en hy het vir die ander Leviete geleer hoe om dit te doen. 23Berekja en Elkana was poortwagte by die kis. 24Die priesters Sebanja, Josafat, Netanel, Amasai, Sagaria, Benaja en Eliëser het die trompette geblaas voor die kis van God. Obed-Edom en Jegija was ook poortwagte by die kis. 25Dawid en die leiers van Israel en die belangrike offisiere wat saamgegaan het om die verbondskis van die Here uit die huis van Obed-Edom te bring, was baie bly. 26Hulle het sewe bulle en sewe skaap-ramme ge-offer omdat God die Leviete gehelp het wat die verbondskis dra. 27Dawid het 'n bo-kleed van fyn linne aangehad. Die Leviete wat die kis gedra het en die mense wat moes sing, en Kenanja, hulle leier, het ook elkeen 'n bo-kleed van fyn linne gedra. Dawid het ook nog 'n linne- skouer-kleed gedra. 28Al die Israeliete het die verbondskis gebring. Hulle het geskree en hulle het ramshorings en trompette geblaas, hulle het simbale geslaan, en harpe en liere gespeel. 29Toe die verbondskis by die Dawidstad kom, het Mikal dogter van Saul by die venster uitgekyk en sy het gesien hoe koning Dawid spring en dans. Toe sy dit sien, wou sy hom nie meer respekteer nie.

Tans Gekies:

1 Kronieke 15: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid