Chrokui̱to̱éhyara nixjehéra Díos la ko nkochríxín chróchje̱héra chꞌan kjuasáya.
Lees Colosenses 4
Luister na Colosenses 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: Colosenses 4:2
4 Dae
Ons leef in ’n wêreld wat ons jaag na meer — meer geld, meer erkenning, meer prestasie. Tog, hoe harder ons probeer, hoe leër voel ons. Die mense van Kolosse het dieselfde druk beleef. Paulus skryf aan hulle en wys dat vervulling nie lê in wat ons doen nie, maar in Christus alleen. Hy is die begin en einde van betekenis. Ek nooi jou om saam met my deur Kolossense te reis, om jou ware identiteit in Hom te ontdek. Hy is die middelpunt van jou lewe — dit is waarvoor jy gemaak is.
5 Dae
By Kerksondermure wil ons sien dat mense die Jesuslewe ook saam met ander ontdek. In hierdie Bybelstudiereeks oor woorde kan jy en jou groep gesels oor verskillende Bybelboeke, gedagtes oor woorde en die impak daarvan. Temas soos wanneer om eerder niks te sê nie en wanneer om wel iets te sê is belangrik. Daar is egter nog ander temas ook. Mag jy die Jesuslewe saam met jou groep ontdek wanneer julle saam na 'n wêreld van beter woorde groei.
7 dae
Mense wat dankbaar is, is gelukkiger, slaap beter, fokus beter en is makliker om mee oor die weg te kom. Om meer dankbaar te leef is seker iets waarna ons almal streef. Ons leer hoe ons elke dag dankbaar kan wees, waarvoor ons dankbaar kan wees en hoe om in dankbaarheid te leef.
15 Dae
“Bewaar Jesus eerste” is die fokus van die brief aan die Kolossense, wat hulp bied in hoe om in volle identiteit met Christus te wandel. Reis daagliks deur Kolossense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's