Broers en susters, die intense verlange van my hart en my gebed tot God is dat my volk verlos sal word. Ek kan getuig hoeveel hulle hulle vir God beywer, maar hierdie ywer is sonder die regte insig. Want hulle ignoreer die vryspraak van God en hulle streef daarna om self hulle saak met God reg te maak. Hulle is nie bereid om God se vryspraak te aanvaar nie. Christus is immers die eindbestemming van die wet sodat elkeen wat in Hom glo, vrygespreek kan word. Moses skryf soos volg omtrent die moontlikheid om jou saak met God reg te maak: “Wie die vereistes van die wet nakom, sal daardeur lewe.” Maar die vryspraak wat ’n mens kry deurdat jy glo, se boodskap is: “Jy hoef nie in jou hart te wonder: ‘Wie sal na die hemel opklim’ – dit wil sê om Christus na die aarde toe te bring om jou te help, of: ‘Wie sal na die plek van die dooies onder die aarde afdaal’ – dit wil sê om Christus uit die dood terug te bring nie. Nee, die verlossing wat joune word deurdat jy glo – en dit is juis hierdie boodskap wat ons verkondig – is sommer hier by jou. Om die waarheid te sê, die Skrifwoord lui: ‘Die boodskap is hier by jou, op jou lippe en in jou hart.’” Want as jy met jou mond bely dat Jesus die Here is en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy verlos word. Want as ons glo met ons hart, word ons vrygespreek en as ons met ons mond bely, word ons verlos. Soos die Skrif sê: “Wie in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie.”
Lees ROMEINE 10
Luister na ROMEINE 10
Deel
Vergelyk alle weergawes: ROMEINE 10:1-11
16 Days
Considered one of the most theologically rich books of the New Testament, Romans is a treatise on the theology of salvation. Beginning with the hopelessness of our sin-filled state, Paul shows how God provides righteousness to His people through Jesus Christ. In Romans, we are reminded that justification does not come from status or moral achievement but from belief in the substitutionary death and glorious resurrection of Jesus Christ.
21 Days
Oftentimes we struggle to share the gospel with our friends. Either we are overcome with fear or don't know what to share. We all need a burden to reach our lost friends for Christ. This is a 21-day Bible reading plan that helps us meditate specifically on passages related to evangelism and is accompanied by a short prayer for each day for our friends.
25 Dae
Delf dieper deur Paulus se meesterlike uiteensetting van die evangelie in Romeine. Elke dag bied opeenvolgende gedeeltes uit Romeine met insiggewende kommentaar op die kernwaarhede van redding deur geloof, die vreugde van 'n regte verhouding met God, en die krag van die Heilige Gees. Dit lei jou om die praktiese implikasies van jou geloof te ontdek, die beloftes van God te omhels, en jou lewe in Sy diens te stel. Of jy vir die eerste keer Romeine lees of jou bestaande kennis wil verdiep, hierdie plan sal jou inspireer en lei na 'n vars verhouding met die Here Jesus Christus.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's