OPENBARING 5:11-14

OPENBARING 5:11-14 NLV

Toe het ek gekyk en ek het die stemme gehoor van baie engele wat rondom die troon gestaan het, asook van die lewende wesens en ouderlinge. Hulle getal was tienduisende, eintlik miljoene der miljoene. Hulle het in ’n magtige koor gesing: “Die Lam wat geslag is, is waardig genoeg om die mag en rykdom, die wysheid en sterkte, die eer, heerlikheid en lofprysing te ontvang.” Die hele skepping – in die hemel, op die aarde en onder die aarde, op die see en alles wat in hulle bestaan, het ek hoor sê: “Aan Hom wat op die troon sit en aan die Lam, kom toe die lofprysing en die eerbetoning, die heerlikheid en die krag vir altyd en altyd.” Die vier lewende wesens het gesê: “Amen!” En die ouderlinge het neergeval en Hom begin aanbid.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid