Ek het toe ’n ander groot en uitsonderlike teken in die hemel gesien: sewe engele wat die sewe laaste plae hou waarmee God se toorn ten volle verwerklik was. Toe het ek iets soos ’n spieëlgladde see gemeng met vuur gesien. Die oorwinnaars oor die monster en sy standbeeld, en die getal van sy naam, het by die spieëlgladde see gestaan met die siters wat God aan hulle gegee het. Hulle sing die lied van Moses, die dienskneg van God. Dit is ook die lied van die Lam, wat só lui: “Groot en uitsonderlik is u dade, Here God, die Almagtige. Regverdig en betroubaar is u paaie, Koning van die nasies. Wie sal nie ontsag vir U hê nie, Here, en nie u Naam verheerlik nie? U alleen is heilig! Al die nasies sal kom en voor U in aanbidding neerval, want u regverdige dade het sigbaar geword.”
Lees OPENBARING 15
Luister na OPENBARING 15
Deel
Vergelyk alle weergawes: OPENBARING 15:1-4
28 Dae
Delf dieper deur Jesus se Openbaring aan Johannes. Elke dag bied opeenvolgende gedeeltes uit Openbaring met insiggewende kommentaar op hierdie kragtige visioene wat steeds relevant is vir vandag. Jesus se boodskap is duidelik: “Ek kom gou!” Die seëls is gebreek, die trompette blaas, en die bakke van God se verlossende oordeel word uitgegiet. Openbaring trek die gordyn oop vir ’n geestelike werklikheid waarin gelowiges geroep word om getrou te volhard as koninkryk van priesters vir God, ten spyte van die bose aanslag op hulle lojaliteit.
30 Days
Every journey requires supplies. On the journey of life, some of the best supplies are God’s Word and a bit of encouragement from friends. This Our Daily Journey reading plan features 30 days of writing from trusted authors whose insights speak into your life. Each short devotional contains a story supported by multiple Scripture references as well as a “Next” section to help you think more deeply. Make the most of your devotional time with truth and encouragement from Our Daily Journey.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's