PSALMS 76

76
Wie kan voor God standhou?
1Vir die koorleier: Met snarespel. ’n Asafpsalm. ’n Lied.
2God het Hom bekendgemaak
in Juda;
sy Naam is groot in Israel.
3Hy woon in Salem;
Sionsberg is sy woning.
4Daar het Hy
die brandpyle vernietig,
skilde, swaarde en oorlogswapens.
Sela
5Die glans van u verskyning
is heerliker
as die hoogste berge.
6Dapper soldate is geplunder,
in hulle slaap oorweldig.
Geen soldaat
kon ’n hand oplig nie.
7Toe U hulle bestraf,
o God van Jakob,
het ruiter en perd
dood neergeval.
8U moet gevrees word, ja, U!
Wie kan voor U standhou
wanneer u toorn ontbrand?
9Uit die hemel
het U uitspraak gelewer;
die wêreld was bang en stil.
10God het opgestaan
om te oordeel,
om die verdruktes op aarde te red.
Sela
11Die woede van mense –
dit verander U tot lof.
Wat nog daarvan oorbly,
gebruik U in u diens.#76:11 Daar bestaan groot onsekerheid oor die vertaling van die grondteks.
12Maak geloftes
aan die Here jou God,
en voer dit uit.
Laat almal rondom Hom
geskenke bring
aan Hom, die Ontsagwekkende.
13Hy breek die moed van prinse;
konings van die aarde
is bang vir Hom.

Tans Gekies:

PSALMS 76: NLV

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid