PSALMS 129

129
Die Here sny die bande af
1’n Pelgrimslied.
Baie kere, vanaf my jeug,
het hulle my verdruk.
Laat Israel nou ook sê:
2Baie kere, vanaf my jeug,
het hulle my verdruk,
maar hulle kon nie die oorhand
oor my kry nie.
3My rug is vol snye,
asof lang vore
daarop geploeg is.
4Maar die Here is goed;
Hy het die bande afgesny
waarmee die goddeloses
my vasgemaak het.
5Mag almal
wat Sion haat
skaam omdraai.
6Mag hulle wees
soos gras op ’n dak,
wat verdroog
voor dit kan uitspruit,
7en hy wat oes
niks het om af te sny,
en daar niks is
om op te tel nie.
8Geen verbyganger sal sê:
“Die Here se seën is op julle;
ons seën julle
in die Naam van die Here” nie.

Tans Gekies:

PSALMS 129: NLV

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid