Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

SPREUKE 2:2-6

SPREUKE 2:2-6 NLV

Spits jou ore vir die wysheid. Span jou in om dit te verstaan. Roep na insig. Roep hardop vir begrip. Soek daarna soos jy na silwer sou soek. Spoor dit op soos ’n versteekte skat. Dan sal jy weet wat dit beteken om respek te hê vir die Here. Jy sal leer om God te ken. Dit is tog die Here wat wysheid gee. Sy woorde gee kennis en insig.