Wie sy grond bewerk, het volop om te eet. Wie met nuttelose dinge besig is, het nie verstand nie. Die goddelose soek veiligheid in verkeerde dade. Die regverdiges is goed gevestig. ’n Slegte mens se woorde is ’n strik vir homself. Iemand wat reg lewe, ontduik moeilikheid. Met jou woorde kan jy baie goeie dinge kry. Die werk van jou hande gee jou ook baie voorregte. Vir ’n dwaas is net sy eie pad die regte een. Iemand wat wys is, luister na ander se raad. ’n Dwaas is opvlieënd; ’n verstandige persoon bly kalm wanneer hy beledig word. Die regverdige mens getuig die waarheid; ’n getuie wat lieg, pleeg bedrog. Daar is mense wat dinge sal sê wat seermaak. ’n Wyse mens se woorde bring eerder genesing. Die waarheid hou vir altyd; die leuen kom gou aan die lig. Daar is bedrog in die harte van hulle wat kwaad bedink. Daar is vreugde in die harte van hulle wat vrede beplan. Die regverdige spring probleme vry. Die goddeloses se lewe is vol rampe. Die HERE verafsku mense wat hulle woord breek. Hy hou van mense wat by hulle woord staan. ’n Verstandige mens bly stil oor sy kennis. Dwase basuin hulle onkunde uit.
Lees SPREUKE 12
Luister na SPREUKE 12
Deel
Vergelyk alle weergawes: SPREUKE 12:11-23
5 Days
The opposite of mastery is mediocrity, and mediocrity is nothing less than a failure of love and a misrepresentation of the image of God. In this Plan, you’ll explore why Christians should have the highest standards of excellence in our work, what we should be looking for in our “one thing,” and how you can achieve mastery of your vocation for the glory of God and the good of others.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's