My seun, luister na wat jou pa jou leer. Moenie wat jou ma vir jou sê in die wind slaan nie. Wat jy by hulle leer, sal jou lewe met goedheid kroon en ’n versiering wees om jou nek. My seun, as goddelose mense jou wil ompraat, moenie na hulle luister nie. Hulle sal miskien vir jou sê: “Kom saam met ons! Kom ons gaan lê iemand voor en vermoor hom. Kom ons oorval iemand, al het hy niks aan ons gedoen nie. Ons wil hulle lewendig laat verdwyn, net soos in ’n graf, soos gesonde mense wat in die dood wegsink. Ons wil baie waardevolle dinge bekom, ons huise vol maak met alles wat ons buit. Word een van ons! Dan deel ons in die buit.” My seun, met hulle moet jy nie saamgaan nie. Bly ver van die pad waarop hulle loop. Hulle loop agter kwaad aan. Hulle kan skaars wag om iemand te vermoor. Wanneer ’n voël sien daar is vir hom ’n wip gestel, dan vlieg hy mos weg. Maar hierdie mense stel vir hulleself ’n hinderlaag op. Hulle soek self na hulle dood. So gaan dit met elkeen wat met geweld ryk wil word: sulke rykdom verwoes die lewe van die een wat dit verkry.
Lees SPREUKE 1
Luister na SPREUKE 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: SPREUKE 1:8-19
5 Dae
In hierdie 5-dag leesplan praat Stephan Joubert oor die ware aard van leierskap. Hy fokus veral op diens aan ander en hoe leiers ander kan help om die wêreld te sien en te verstaan, om die verlede te evalueer en om vir die toekoms te beplan. Maak die praktiese konsepte jou eie sodat jy mense tot hoër hoogtes kan inspireer.
7 Days
The relationship you have with your parents isn't always easy—but it is important. We are called to honor our parents. And in this seven-day plan, you will discover a Godly perspective on the first relationship you ever entered. For more content, check out finds.life.church
In our rapidly changing and powerfully challenging world, we need wisdom for living. Our society pulls and pushes us in different directions, and in this turmoil we need a mental compass to guide us in the right way. We need wisdom for right living. This seven-day plan, based mainly on Proverbs, explores this subject as presented by Solomon.
7 Dae
Hoe kan jy ’n sterk, wyse man wees in vandag se wêreld? Dit is beslis ’n groot uitdaging. Vince Miller gee praktiese raad om mans te help om vas te staan voor die belangrikste uitdagings waarvoor hulle vandag te staan kom. Elk van die 7 dagstukke fokus op ’n gedeelte uit Spreuke om mans te bemoedig en uit te daag om in wysheid te groei.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's