Ek prys die Here met groot blydskap omdat julle weer ’n slag aan my kon dink. Ek weet julle het eintlik heeltyd aan my gedink, maar het net nie die geleentheid gehad om iets te doen nie. Ek sê dit nie omdat ek iets kortkom nie. Ek het regtig geleer om onder alle omstandighede reg te kom. Ek weet wat dit is om boomskraap te lewe, en ek weet wat dit is om oorvloed te hê. Ek het lewenservaring opgedoen vir alle omstandighede, vir wanneer ek genoeg het om te eet én wanneer ek honger is, vir oorvloed én tekort. Ek kan alles doen deur Hom wat my krag gee. Nietemin, julle het goedgedoen deur my in my swaarkry by te staan. Julle, Filippense, weet wat in die beginjare met die uitdra van die Goeie Nuus gebeur het. Toe ek van Masedonië af vertrek het, het geen gemeente behalwe julle my finansieel ondersteun nie. Selfs toe ek in Tessalonika was, het julle meer as een keer iets gestuur om my te help. Nie dat ek ’n skenking soek nie; ek soek die resultaat daarvan: groter krediet op julle rekening! Op hierdie stadium het ek alles ontvang – en meer as genoeg! Met dit wat julle saam met Epafroditus gestuur het, het ek alles wat ek nodig het. Wat julle gestuur het, is ’n lieflike reukoffer waarvan God hou. Omdat Christus Jesus dit verdien het, sal my God uit sy heerlike rykdom vir julle voorsien in elke behoefte wat julle het. Aan dié God, wat ook ons Vader is, behoort die heerlikheid tot in alle ewigheid. Amen. Dra my groete oor aan Christene daar. Al die broers en susters hier by my stuur groete. Al die ander Christene stuur ook groete, in besonder dié wat in die keiser se paleis werk. Mag ons Here Jesus Christus se genade julle geestelik versterk.
Lees FILIPPENSE 4
Luister na FILIPPENSE 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: FILIPPENSE 4:10-23
14 Days
This plan examines Paul's letter of hope and encouragement for the times of persecution and distress he and the Philippians faced.
20 dae
Hierdie "dankie"-briefie aan die Filippense gee hulle 'n vreugdevolle perspektief van die moeilike tye waarin hulle verkeer en moedig hulle aan om nederig saam daardeur te gaan. Reis daagliks deur Filippense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
27 Dae
Vreugde is die tema van die boek Filippense. Dit is ongelooflik, want hierdie brief is deur Paulus geskryf terwyl hy in die tronk was. Hoe is dit moontlik om vreugdevol te wees te midde van oorweldigende hartseer en lyding? Paulus leer ons dat Jesus die Outeur en enigste bron van ware vreugde is.
31 Days
The Bible tells us that "in His presence is fullness of joy" and that "the joy of the Lord is our strength". Joy isn't simply another emotion; it is a fruit of the Spirit and one of the best weapons in your arsenal to fight against discouragement, depression, and defeat. Learn what the Bible has to say about joy, and strengthening yourself to become a defiantly joyful Christian.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's