NUMERI 34

34
Die grense van die land
1Die Here het vir Moses gesê: 2“Gee hierdie opdrag vir die Israeliete: Ek gee Kanaän vir jou as erfdeel. Wanneer julle in die land gekom het, moet dit die volgende grense hê: 3In die suide loop die grens in die Negevgebied van die Sinwoestyn af tot by die grens met Edom. Dit begin oos van die Dooie See#34:3 Of Soutsee.. 4Dit draai dan suid van Skerpioenpas weg en loop deur tot by Sin. Daarvandaan gaan dit suid van Kades-Barnea af, deur Gasar-Addar en verby tot by Asmon. 5Daar draai dit weg en loop met die Egiptespruit langs tot by die Middellandse See#34:5 Of die see..
6“Die kuslyn van die Middellandse See is julle westelike grens.
7“Die noordelike grens begin by die Middellandse See en loop oos tot by Horberg. 8Van daar af loop dit verby Lebo-Hamat en dan aan deur Sedad, 9verby Sifron tot by Gasar-Enan. Dit is julle noordelike grens.
10“Julle grens aan die ooste loop in ’n lyn van Gasar-Enan tot by Sefam. 11Van Sefam loop dit na Ribla, oos van Ajin. Van daar af loop dit al met die oostelike oewer van die See van Galilea#34:11 Of Meer van Gennesaret.. 12Van daar af gaan dit al langs die Jordaanrivier af tot by die Dooie See. Dit is die grense van julle land.”
Die verdeling van die land
13Moses het vir die Israeliete gesê: “Dit is die land wat julle deur die lot onder mekaar moet verdeel. Die Here het beveel dat dit tussen die res van die nege en ’n halwe stamme verdeel moet word. 14Die mense van die stamme van Ruben en Gad en die halwe Manassestam het reeds hulle grond gekry. 15Hierdie twee en ’n halwe stamme het grond gekry aan die oostekant van die Jordaan teenoor Jerigo.”
16Die Here het verder vir Moses gesê: 17“Die priester Eleasar en Josua, die seun van Nun, moet die land onder julle verdeel. 18Laat een man uit elke stam hulle help om die land te verdeel. 19Die stam en sy leier is: Kaleb seun van Jefunne vir die stam Juda; 20Samuel seun van Ammihud vir die stam Simeon; 21Elidad seun van Kislon vir die stam Benjamin; 22Bukki, seun van Jogli vir die stam Dan; 23Ganniël, seun van Efod vir die stam Manasse, seun van Josef; 24Kemuel, seun van Siftan vir die stam Efraim, die seun van Josef; 25Elisafan, seun van Parnak vir die stam Sebulon; 26Paltiël, seun van Assan vir die stam Issaskar; 27Agihud, seun van Selomi vir die stam Aser; 28Pedael, seun van Ammihud vir die stam Naftali.”
29Dit is die leiers wat die Here aangewys het om te help met die verdeling van Kanaän onder die Israeliete.

Tans Gekies:

NUMERI 34: NLV

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid