Vroeg Sondagmôre, terwyl dit begin lig word, het Maria Magdalena en die ander Maria na die graf gaan kyk. Skielik was daar ’n geweldige aardbewing omdat daar ’n engel van die hemel af gekom, die klip voor die graf weggerol en daarop gaan sit het. Sy gesig het geblink soos weerlig en sy klere was sneeuwit. Die wagte het van angs begin bewe oor die engel en toe soos dooies bewusteloos neergeslaan. Daarop het die engel die vroue aangespreek met die woorde: “Julle hoef nie bang te wees nie. Ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is. Hy is nie hier nie, want Hy is opgewek uit die dood, presies soos Hy gesê het. Kom kyk, hier het sy liggaam gelê. En gaan sê nou dadelik vir sy dissipels: ‘Jesus is uit die dood opgewek, en Hy gaan julle solank vooruit Galilea toe. Julle sal Hom dáár sien.’ Julle kan reken op wat ek vir julle sê.”
Lees MATTEUS 28
Luister na MATTEUS 28
Deel
Vergelyk alle weergawes: MATTEUS 28:1-7
7 Days
What are you expecting right now? Are you expecting that bad things are going to happen to you, or are you expecting that God is going to show up in your life? Our fear can be a self-fulfilling prophecy. In the same way, our faith can also direct the course of our life. Fear maximizes danger, while faith maximizes God!
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's