MATTEUS 18:1-5

MATTEUS 18:1-5 NLV

In daardie tyd het die dissipels na Jesus toe gekom met die vraag: “Wie van ons sal die belangrikste wees in God se koninkryk?” Jesus roep toe ’n klein kindjie nader en laat dié tussen hulle staan. Toe sê Hy: “As julle nie met ander oë na die lewe begin kyk en soos die kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van God ingaan nie. “Daarom is elkeen wat so nederig soos hierdie kindjie word die belangrikste in God se koninkryk. En elkeen wat ’n kindjie soos hierdie een ter wille van My verwelkom, verwelkom My.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid