LUKAS 23:8-9

LUKAS 23:8-9 NLV

Herodes was baie opgewonde om Jesus te sien. Hy het al vir ’n lang tyd die begeerte gehad om Jesus te sien omdat hy al soveel van Hom gehoor het. Hy het ook gehoop om te sien hoe Jesus die een of ander wonderteken verrig. Hy het Jesus vraag op vraag gevra, maar Hy het hom niks geantwoord nie.