HERE, hou ’n bietjie in gedagte wat met ons gebeur het. Kyk hoe ons verneder is. Die grond wat ons geërf het, het in vreemde hande beland. Uitlanders besit ons eiendom. Ons is weeskinders wat nie meer ’n pa het nie. Ons ma’s is weduwees. Ons moet betaal vir die water wat ons drink, brandhout moet ons koop. Agtervolgers blaas in ons nek. Ons is moeg, maar ons durf nie rus nie. By Egipte het ons gevra vir hulp en by Assirië vir kos. Ons voorouers het sonde gedoen, maar hulle is nou al dood. En nou moet ons daarvoor betaal. Slawe het nou ons base geword en niemand kan ons van hulle bevry nie. Ons loop die risiko om doodgemaak te word wanneer ons in die wildernis kos bymekaarmaak. Ons vel het donker geword van die hongersnood, asof dit in ’n oond gebak het. Ons vroue word in Jerusalem gemolesteer en ons dogters in die dorpe van Juda verkrag. Ons leiers word opgehang aan hulle hande. Daar is geen respek vir ons oumense nie. Jong mans moet koring maal by die meul. Jong seuntjies steier onder vragte hout wat hulle moet dra. Die leiers kan nie meer by die stad se poort sit en beraadslaag nie. Die jongmense maak nie meer musiek nie. Vreugde het verdwyn uit ons harte. Ons vrolike danse het in treursange verander. Die kroon het van ons koppe geval. Dit gaan sleg met ons, want ons het sonde gedoen. Dit het ons swak gemaak. Ons oë het dof geword. Die tempelheuwel is verlate. Jakkalse sluip daar rond. U bly dieselfde, HERE, vir ewig en altyd. U regeer van geslag tot geslag. Hoekom hou U aan om van ons te vergeet? Hoekom hou U so lank aan om ons te vermy? Lei ons terug na U toe, HERE, sodat ons by U kan uitkom. Maak ons lewe weer soos dit vroeër was. Of het U ons dan heeltemal verwerp? Gaan U dan vir altyd vir ons kwaad bly?
Lees KLAAGLIEDERE 5
Luister na KLAAGLIEDERE 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: KLAAGLIEDERE 5:1-22
30 Days
Every journey requires supplies. On the journey of life, some of the best supplies are God’s Word and a bit of encouragement from friends. This Our Daily Journey reading plan features 30 days of writing from trusted authors whose insights speak into your life. Each short devotional contains a story supported by multiple Scripture references as well as a “Next” section to help you think more deeply. Make the most of your devotional time with truth and encouragement from Our Daily Journey.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's