Toe almal veilig aan die ander kant van die rivier was, het die HERE met Josua gepraat: “Kies twaalf mans uit die volk, een uit elke stam en sê vir hulle: ‘Kry twaalf klippe uit die middel van die Jordaan van die plek waar die priesters staan. Dra hulle saam met julle en gaan pak hulle op ’n hoop waar julle vannag gaan oorbly.’” Josua het toe die twaalf mans wat uit elke stam kom, nadergeroep. Hy sê vir hulle: “Gaan by die ark van die HERE julle God verby tot in die middel van die Jordaan. Elkeen moet ’n klip op sy skouer tel sodat daar vir elke stam een is. Ons sal daarmee ’n gedenkteken bou. Julle kinders sal julle in die toekoms vra: ‘Waaraan herinner hierdie klippe julle?’ Julle moet dan vir hulle vertel: ‘Die water van die Jordaan is afgesny toe die ark van die verbond van die HERE deur die Jordaan gegaan het.’ Hierdie klippe sal die Israeliete altyd daaraan herinner.”
Lees JOSUA 4
Luister na JOSUA 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOSUA 4:1-7
5 Days
It's our natural tendency to look to the future, but we should never forget the past. This plan is designed for you over a 5-day period to remember all that God has done in shaping you into the person you are today. Each day, you will get a Bible reading and a brief devotional designed the help you remember the key events of your walk with Christ. For more content, check out finds.life.church
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's