JOB 42:1-6

JOB 42:1-6 NLV

Job het die HERE geantwoord: “Ek weet nou U kan enigiets doen, en niemand kan U keer nie. U vra: ‘Wie waag dit om in sy onkunde my wysheid te bevraagteken?’ Dit was ek. Ek het gepraat oor dinge sonder begrip, dinge wat te wonderlik is vir my. “U het gesê: ‘Luister, want Ek wil praat! Ek sal jou vra, en jy moet My antwoord.’ Tot nou toe het ek net met my ore van U gehoor, maar nou het ek U met my eie oë gesien. Nou verag ek myself en het berou in stof en as.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor JOB 42:1-6

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid