Die HERE sê: “Die tyd kom dat Ek weer ’n nuwe verbond met Israel en Juda sal sluit. Hierdie verbond sal nie wees soos die een wat Ek met hulle voorouers gesluit het nie. Ek het hulle destyds aan die hand gevat en uit Egipte uitgelei. Hulle het my verbond verbreek, al het Ek hulle liefgehad soos ’n man sy vrou liefhet,” sê die HERE. “Maar so sal die nuwe verbond wees wat Ek na hierdie tyd met Israel sal sluit,” sê die HERE. “Ek sal my wette in hulle gedagtes plant en op hulle harte skryf. Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees. Dit sal nie vir hulle nodig wees om vir hulle bure of familie te sê: ‘Ken die HERE, leef soos die HERE van julle verwag,’ nie. Almal, van die geringste tot die belangrikste, sal My reeds ken,” sê die HERE. “Ek sal al hulle oortredings en hulle sondes vergewe. Ek sal nooit eers weer daaraan dink nie.” Dit is wat die HERE sê, Hy wat die son gemaak het om in die dag te skyn, en die maan en die sterre om in die nag lig te maak. Dit is Hy wat die see onstuimig laat word om golwe te maak. Sy Naam is die HERE, die Almagtige, en Hy sê: “So min as wat Ek hierdie natuurwette sal verwyder, net so min sal die nageslag van Israel ooit ophou om my volk te wees!” Die HERE sê: “Net soos die hemele nie gemeet kan word, of die fondasie van die aarde ondersoek kan word nie, net so min sal Ek daaraan dink om die nageslag van Israel vir altyd weg te gooi vir die verkeerde dinge wat hulle gedoen het.” Dit is wat die HERE sê!
Lees JEREMIA 31
Deel
Vergelyk alle weergawes: JEREMIA 31:31-37
10 Days
Many Christians believe the only way to fight sin is to grit our teeth and rise above temptation. But you can’t fight sin with your mind; you must fight it with your heart. Based on the book Rewire Your Heart, this ten-day look at some of the most important verses about your heart will help you discover how to fight sin by allowing the Gospel to rewire your heart.
25 Dae
Hierdie 25-dag leesplan berei ons harte vir Kersfees voor — spesifiek die boodskap van Kersfees en die rede vir Kersfees — Jesus. Kersfees en die aanloop na Kersfees toe, is 'n wonderlike tyd van die jaar. Daar is opwinding, nostalgie, afwagting en vakansie in die lug. Vir elke kind van God moet hierdie dinge nie ons aandag aflei van die rede en die boodskap van Kersfees nie.
29 dae
God het sedert die skepping verbonde met sy volk gesluit om sy karakter en planne vir die wêreld duidelik te maak. In Christus is al God se verbonde vervul. Deur Hom het ons vrede, hoop, sekuriteit, 'n toekoms, heiligheid en geregtigheid. Hierdie Bybelstudie sal die maniere hoe Christus deur die geskiedenis heen God se verbonde aan sy volk vervul het, uitlig en eindig met 'n gefokusde studie van die Kersverhaal
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's