JEREMIA 20:14-18

JEREMIA 20:14-18 NLV

Ek verwens die dag wat ek gebore is! Mag niemand my geboortedag ooit as gelukkig beskou nie. Ek verwens die dag toe iemand vir my pa die nuus gebring het: “Geluk, jy het ’n seun!” Mag dié man wees soos die dorpe wat die HERE sonder genade vernietig het. Mag hy in die oggend weeklag hoor, en in die middag oorlogsgeskreeu omdat hy my nie voor my geboorte doodgemaak het nie. Ag, kon my ma se liggaam vir ewig my graf gewees het! Hoekom is ek ooit gebore om al die swaarkry en pyn te sien? Moet ek my lewe lank vernedering ervaar?

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid