Luister na wat die HERE vir julle sê, Israel! Die HERE sê: “Moenie die praktyke van die nasies navolg nie. En moenie bang wees vir hulle voorspellings of vir tekens aan die hemel nie, al wek dit vrees by die nasies. Hulle gebruike is tevergeefs en dwaas. Hulle kap ’n boom af in ’n bos en ’n ambagsman maak daarvan ’n beeld. Hulle versier hierdie beeld met goud en silwer. Hulle spyker dit dan vas sodat dit nie omval nie. Hulle afgode is so hulpeloos soos ’n voëlverskrikker in ’n groentetuin! Hulle kan nie praat of loop nie, maar moet gedra word. Moenie bang wees vir sulke gode nie. Hulle kan niemand kwaad aandoen nie. Hulle kan ook niks goeds vir enigiemand doen nie.” HERE, daar is niemand soos U nie! U is groot, u Naam dra gesag! Is daar iemand wat U nie sal vrees nie, Koning van al die volke? U alleen verdien eer! Daar is niemand op aarde of in enige koninkryk wat so verstandig soos U is nie. Mense wat afgode vereer, is dom en dwaas. Die goed wat hulle aanbid, is dan van hout! Hulle bring die fynste silwer uit Tarsis en suiwer goud uit Ufas en ’n handvaardige goudsmid maak ’n beeld. Vaardige kleremakers trek dan vir hierdie beeld klere van duur materiaal aan. Maar die HERE is die enigste ware God, Hy is die God wat lewe. Hy sal vir altyd Koning bly! As Hy kwaad is, bewe die aarde. Die nasies is nie bestand teen sy woede nie.
Lees JEREMIA 10
Deel
Vergelyk alle weergawes: JEREMIA 10:1-10
8 Days
Drawing on James Spencer's book titled Useful to God: Eight Lessons from the Life of D. L. Moody, this Bible Plan examines eight characteristics evident in the Scriptures and in the life of 19th century evangelist Dwight Moody (e.g., surrendered, prayerful, humbled, undistracted, and studious). A free guide including these reflections along with activities and additional devotional content is also available for download from D. L. Moody Center.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's