Die HERE het toe deur die profeet Haggai die volgende boodskap gestuur: “Hoe kan julle in weelderige huise bly terwyl my huis ’n ruïne is? Die HERE, die Almagtige, sê: Dink ’n bietjie na oor hoe sake vir julle staan! Julle het baie aanplantings gedoen, maar die oes was maar skraal. Julle het nou wel kos om te eet, maar julle is nog honger. Julle het wyn om te drink, maar nie genoeg om julle dors te les nie. Julle het klere om aan te trek, maar dit is nie voldoende om julle warm te hou nie. Julle geld raak weg asof dit gebêre is in ’n broeksak met gate! “Die HERE, die Almagtige, sê: Dink ’n bietjie na oor hoe sake vir julle staan! Gaan haal hout op die heuwels en begin dan my huis herstel. Dit sal My tevrede stel en Ek sal voel dat julle My eer betoon, sê die HERE. Julle het gehoop dat dit ’n goeie oes sal wees, maar dit was maar skraal. Die oes wat julle nog huis toe gebring het, het Ek weggewaai. Waarom? Omdat julle almal besig is om julle eie netjiese huise te bou en dit terwyl my huis in puin lê, sê die HERE, die Almagtige.
Lees HAGGAI 1
Luister na HAGGAI 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: HAGGAI 1:3-9
5 dae
Haggai se “kry dit gedoen”-houding dring ’n afgelei Israel aan om die tempel te laat herbou nadat hulle uit ballingskap teruggekeer het. Reis daagliks deur Haggai terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
29 Dae
God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's