God sê vir hom: “Neem jou seun, jou enigste seun, ja, vir Isak wat jy so liefhet, en gaan na die land Moria. Offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal wys.” Die volgende oggend het Abraham vroeg opgestaan. Hy het sy donkie opgesaal vir die reis en hout gekap vir die brandoffer. Toe het hy twee slawe en ook sy seun Isak geneem om saam te gaan. Daarna het hy vertrek na die plek wat God vir hom aangedui het. Op die derde dag sien Abraham die plek in die verte. “Bly ’n bietjie hier by die donkie,” sê Abraham vir die slawe. “Ek en die seun sal ’n entjie verder gaan. Ons sal daar aanbid en dan terugkom.” Abraham sit toe die hout op Isak se skouers. Hy het self die mes en die vuur gedra. Terwyl die twee so saamloop, sê Isak: “Pa?” “Ja, my seun?” antwoord Abraham. “Ons het nou wel die hout en die vuur,” sê die seun, “maar waar is die lam vir die offerande?” “God sal self die lam voorsien, my seun,” antwoord Abraham. So het die twee verder gestap. Toe hulle aankom by die plek wat God vir Abraham aangewys het, bou hy daar ’n altaar en sit die hout daarop neer. Hy maak Isak vas en sit hom bo-op die hout op die altaar. Daarna vat Abraham die mes en lig dit op om sy seun as offer aan die HERE te slag. Op daardie oomblik roep die engel van die HERE na hom uit die hemel: “Abraham, Abraham!” “Ek luister,” antwoord Abraham. “Moenie jou hand oplig teen die seun en hom enige kwaad aandoen nie!” sê die engel. “Nou weet Ek dat jy regtig vir God dien, want jy het selfs jou geliefde seun nie van My weerhou nie.” Abraham kyk op en sien ’n ram wat met sy horings in ’n bos vassit. Hy neem die ram en offer dit as brandoffer op die altaar in die plek van sy seun. Abraham het toe die plek genoem “Die HERE voorsien”. Hierdie naam het sedertdien ’n spreekwoord geword: “Op die berg van die HERE sal voorsien word.” Die engel van die HERE roep toe weer uit die hemel na Abraham: “Die HERE sê: ‘Omdat jy My gehoorsaam het en nie eens jou geliefde seun van My weerhou het nie, neem Ek ’n eed dat Ek jou oorvloedig sal seën. Ek sal jou nageslag vermenigvuldig tot ’n ontelbare menigte, soos die sterre aan die hemel en die sand aan die see en hulle sal hulle vyande oorwin. In jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word. Dit sal alles gebeur omdat jy My gehoorsaam het.’”
Lees GENESIS 22
Deel
Vergelyk alle weergawes: GENESIS 22:2-18
4 Days
Overcoming difficult seasons can feel impossible when you’re going through them. But thankfully, God is able to do more than what we ask or imagine. In this 4-day plan, discover how God can redeem your pain and disappointment and give it purpose.
7 Days
Just like Superman, who can defeat every foe, you as a Christ follower have the supernatural ability to conquer the challenges you face. But the problem for both Superman and you is there’s a kryptonite that steals your strength. This plan will help you uproot spiritual kryptonite from your life, so you can fulfill your God-given potential and embrace a life without limitations.
7 dae
Priscilla Shirer se 7-dagleesplan om die stem van God te onderskei, verken die oorsprong van daaglikse, duidelike kommunikasie met God – nederige gehoorsaamheid. Kom leer saam hoe totale oorgawe aan God sy seëninge aan ons ontsluit, ons binne sy wil hou en ons help om sy stem in ons alledaagse lewe te hoor.
8 Days
Drawing on James Spencer's book titled Useful to God: Eight Lessons from the Life of D. L. Moody, this Bible Plan examines eight characteristics evident in the Scriptures and in the life of 19th century evangelist Dwight Moody (e.g., surrendered, prayerful, humbled, undistracted, and studious). A free guide including these reflections along with activities and additional devotional content is also available for download from D. L. Moody Center.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's