Broers en susters, wanneer iemand in die een of ander sonde verval, moet julle wat deur die Gees gelei word, daardie persoon nederig reghelp. Wees baie versigtig dat jy nie ook versoek word nie. Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet. Julle weet dat mense wat baie van hulleself dink, terwyl hulle niks is nie, hulleself bedrieg. Daarom moet julle almal eerder julle eie gedrag toets. Dan kan julle op julleself trots wees, sonder om julle met iemand anders te vergelyk. Ons weet tog: Almal sal oor hulleself verantwoording moet doen. Iemand wat in die woord van God onderrig word, moet dié een wat onderrig gee, in alle goeie dinge laat deel. Moenie ’n fout maak nie. God laat nie met Hom spot nie: Wat mense saai, sal hulle ook maai! Hulle wat op die land van hulle sondige geaardheid saai, sal op grond daarvan die dood oes, terwyl hulle wat op die land van die Gees saai, op grond daarvan die ewige lewe sal oes. Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes. Terwyl ons die kans het, moet ons dus goeddoen aan alle mense, maar veral aan medegelowiges. JULLE SIEN AAN DIE GROOT LETTERS EK SKRYF NOU MET MY EIE HAND. Al daardie mense wat julle wil dwing om besny te word, vir hulle gaan dit net om uiterlik die regte indruk te maak sodat hulle nie oor die kruis van Christus vervolg word nie.
Lees GALASIËRS 6
Luister na GALASIËRS 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: GALASIËRS 6:1-12
5 Days
Encouragement from a mom who launched her seven children and lived to tell about it. Part 4 of 12 devotions in this series from Robin Meadows.
6 dae
Hierdie Bybelstudie bied aan jou ’n baie unieke geleentheid om die passie wat Angus vir Jesus het self te ervaar. As jy luister en jou hart oopmaak, sal jy vind dit is aansteeklik. Wanneer ek ook al by Angus is, groei my vasberadenheid om op God te vertrou en my lewenspad met vrymoedige geloof in Hom te stap. - Pastor Allen Jackson
21 dae
"Deur geloof alleen" word ons gered, nie deur enigiets wat ons doen om die gawe van verlossing te verdien nie - dit is die duidelike en direkte boodskap van die brief aan die Galasiërs. Reis daagliks deur Galasiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's