ESRA 2

2
Die ballinge wat saam met Serubbabel teruggekom het
1Hier is die lys ballinge wat uit die provinsie na Jerusalem en die ander stede van Juda teruggekom het. Hulle is destyds deur koning Nebukadnesar na Babel toe weggevoer. 2Hulle het saam met Serubbabel, Jesua, Nehemia, Seraja, Reëlaja, Mordegai, Bilsan, Mispar, Bigwai, Regum en Baäna teruggekeer. Die getal mense wat uit gevangenskap teruggekeer het, was: 3Paros 2 172, 4Sefatja 372, 5Arag 775, 6Pagat-Moab (uit die familie van Jesua en Joab) 2 812, 7Elam 1 254, 8Sattu 954, 9Sakkai 760, 10Bani 642, 11Bebai 632, 12Asgad 1 222, 13Adonikam 666, 14Bigwai 2 056, 15Adin 454, 16Ater (uit die familie van Hiskia) 98, 17Besai 323, 18Jora 112, 19Gasum 223, 20Gibbar 95.
21Die bewoners van: Betlehem 123, 22Netofa 56, 23Anatot 128, 24Bet-Asmawet 42, 25Kirjat-Jearim, Kefira en Beërot 743, 26Rama en Geba 621, 27Mikmas 122, 28Bet-El en Ai 223, 29Nebo 52, 30Magbis 156, 31Elam 1 254, 32Garim 320, 33Lod, Gadid en Ono 725, 34Jerigo 345, 35Senaä 3 630.
36Die volgende is die priesterfamilies wat uit ballingskap teruggekeer het: Jedaja (uit die nageslag van Jesua) 973, 37Immer 1 052, 38Pasgur 1 247, 39Garim 1 017.
40Die volgende is die Leviete wat uit ballingskap teruggekeer het: Jesua en Kadmiël (uit die nageslag van die Hodauja) 74, 41sangers uit die nageslag van Asaf 128, 42poortwagters by die ingange van die tempel uit die nageslag van Sallum, Ater, Talmon, Akkub, Gatita en Sobai, altesaam 139.
43Die volgende is die nageslag van die tempelslawe met hulle families: Siga, Gasufa, Tabbaot, 44Keros, Sia, Padon, 45Lebana, Gagaba, Akkub, 46Gagab, Salmai, Ganan, 47Giddel, Gagar, Reaja, 48Resin, Nekoda, Gassam, 49Ussa, Paseag, Besai, 50Asna, Meünim, Nefusim, 51Bakbuk, Gakufa, Gargur, 52Baslut, Megida, Garsa, 53Barkos, Sisera, Temag, 54Nesiag en Gatifa.
55Die volgende is die nageslag van die slawe van koning Salomo wat uit ballingskap teruggekeer het: Sotai, die seuns van Soferet, Peruda, 56Jala, Darkon, Giddel, 57Sefatja, Gattil, Pokeret-Sebajim en Ami.
58Die getal tempelwerkers en die nageslag van die slawe van koning Salomo was saam 392.
59’n Groep mense het uit die stede Tel-Melag, Tel-Garsa, Kerub-Addan en Immer ook na Jerusalem toe teruggekom. Hulle kon egter nie bewys dat hulle of hulle nageslag afstammelinge van Israel was nie. 60Hierdie groep het bestaan uit die nageslag van Delaja, Tobija en Nekoda. Hulle was saam 652 mense.
61Drie priesterfamilies, naamlik Gabaja, Kos en Barsillai het ook na Jerusalem toe teruggekom. Barsillai het met ’n vrou getrou wat ’n afstammeling van Barsillai van Gilead was. Hy het haar van aangeneem. 62Hulle het hulle geslagsregister verloor en is daarom nie toegelaat om as priesters diens te doen nie. 63Die goewerneur wou hulle nie toelaat om van die kos wat as offers gebring was, te eet nie, altans nie voordat ’n priester die lot#2:63 Grondteks Urim en Tummim, steentjies waarmee die priesters vasgestel het wat God se wil is. daaroor gewerp het om te besluit of hulle dit mag eet of nie.
64’n Totaal van 42 360 mense het na Juda toe teruggekeer. 65Daarby moet nog 7 337 slawe en slavinne en 200 manlike en vroulike sangers getel word. 66Hulle het 736 perde en 245 muile saamgebring, 67asook 435 kamele en 6 720 donkies.
68Toe hulle by die tempel van die Here in Jerusalem aankom, het sommige van die familiehoofde vrywillige bydraes gemaak sodat God se tempel op die oorspronklike plek herbou kon word. 69Elkeen van hulle het soveel gegee as wat hulle kon. Die somtotaal van wat hulle geskenk het, was ongeveer 500 kilogram#2:69a Grondteks 61 000 dragmas goud. goud, 3 000 kilogram#2:69b Grondteks 5 000 mines silwer. silwer en 100 kledingstukke vir die priesters.
70Die priesters, die Leviete, die sangers, die werkers by die ingange van die tempel, die tempelwerkers en ook van die gewone mense, het in hulle eie dorpies naby Jerusalem gaan woon. Die res van die mense het in die ander stede in Juda, waarvandaan hulle vantevore gekom het, gaan bly.

Tans Gekies:

ESRA 2: NLV

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid