Die HERE het verder vir my gesê: “Mensekind, toe die volk Israel in hulle eie land gelewe het, het hulle dit besoedel met hulle optrede. Wat hulle gedoen het, was vir My soos wanneer ’n vrou menstrueer. Hulle het die land besoedel deur moord te pleeg en afgode te aanbid. Daarom het Ek my wraak oor hulle uitgestort. Ek het hulle na baie lande toe verstrooi om hulle te straf vir die bose manier waarop hulle gelewe het. Waar hulle tussen die nasies verstrooi was, het hulle my heilige Naam oneer aangedoen. Want die nasies het gesê: ‘Hierdie is die HERE se mense, en tog moes hulle weggaan uit sy land!’ Ek is bekommerd daaroor dat mense respek vir my Naam verloor. Dit is veroorsaak deur die mense van Israel wat tussen die nasies gaan woon het. “Daarom, sê vir die mense van Israel die oppermagtige HERE sê: Ek bring julle terug, maar nie omdat julle dit verdien nie. Ek doen dit ter wille van my Naam wat julle oneer aangedoen het onder die nasies waar julle gebly het. Ek gaan julle wys hoe heilig Ek is, Ek vir wie die nasies respek verloor het deur julle optrede. En as Ek my heiligheid deur julle voor hulle oë openbaar, sê die oppermagtige HERE, sal die nasies besef dat Ek die HERE is. Want Ek maak julle bymekaar uit al die nasies en bring julle huis toe na julle eie land toe. “Dan was Ek julle met skoon water, en julle sal skoon wees. Ek maak julle skoon van julle vuilheid en julle afgode. Ek gee julle ’n nuwe hart met die regte begeertes en ’n nuwe gees. Ek vat die ou hart van sonde weg en gee julle ’n nuwe, gehoorsame hart. En Ek gee my Gees in julle sodat julle my voorskrifte sal gehoorsaam en doen wat Ek beveel. “Julle sal in die land bly wat Ek aan julle voorouers gegee het. Julle sal my volk wees, en Ek sal julle God wees. Ek maak julle skoon van alles wat julle lewe besoedel het. Ek gee julle goeie oeste. Julle sal hongersnood nie ken nie. Ek gee vir julle vrugte aan die bome en goeie oeste op die landerye. Nooit sal julle buurlande weer met julle land kan spot oor sy hongersnood nie. Dan sal julle onthou hoe julle vroeër gesondig het, en julleself haat vir al die bose dinge wat julle gedoen het.
Lees ESEGIËL 36
Deel
Vergelyk alle weergawes: ESEGIËL 36:16-31
8 Days
Our culture is confused about what it means to be a man. Notions of masculinity have become misunderstood and maligned. This plan speaks truth about the purpose and future of biblical masculinity. In this plan, men will wrestle honestly with the unique questions and circumstances they face today as they are invited to discover God’s intent for masculinity.
26 dae
Die mense het nie geluister na Esegiël se woorde van waarskuwing om na God terug te keer nie, daarom het hy eerder die apokaliptiese gelykenisse opgetree, en dit het mense se harte deurboor. Reis daagliks deur Esegiël terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's