ESEGIËL 15

15
Jerusalem, ’n nuttelose wingerdstok
1Die Here het vir my nog ’n boodskap gegee: 2“Mensekind, hoe vergelyk ’n wingerdstok met ’n boom in die woud? Is ’n wingerdstok se hout so nuttig soos die boom se hout? 3Kan sy hout gebruik word om daarvan gebruiksartikels te maak, soos penne waaraan jy iets kan ophang? 4Nee, dit kan net as brandhout gebruik word. En as albei kante van die stok gebrand het en die middel is geskroei, is dit dan nog enigsins bruikbaar? 5Jy kon dit nie vir enigiets gebruik toe dit heel was nie. Hoeveel minder kan dit in iets nuttigs verander word as die vuur dit gebrand het en dit geskroei is?
6“So sê die oppermagtige Here: Die mense van Jerusalem is soos wingerdstokke wat tussen die bome in die woud groei. Hulle het geen nut nie. Daarom het Ek hulle eenkant gesit om verbrand te word! 7Ek sal hulle teenstander word. As hulle uit die een vuur ontsnap, sal Ek sorg dat ’n ander vuur hulle verteer. Wanneer Ek hulle teenstander geword het, sal hulle#15:7 Grondteks julle. besef dat Ek die Here is. 8Ek sal die land verlate maak omdat my volk troueloos teenoor My opgetree het, sê die oppermagtige Here.”

Tans Gekies:

ESEGIËL 15: NLV

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid