EKSODUS 40

40
Die tabernakel opgerig
1Die Here het toe vir Moses gesê: 2“Jy moet die tabernakel, die tent van ontmoeting, op die eerste dag van die eerste maand oprig. 3Sit die ark met die getuienis binne-in die tent. Skerm die ark af met die gordyn in die binneste heiligdom. 4Bring die tafel in en sit die toebehore by die tafel neer. Bring die kandelaar in en steek sy lampies aan.
5“Die altaar vir die wierook moet jy neersit net buite die gordyn, reg teenoor die ark met die getuienis. Hang die afskorting voor die ingang van die tabernakel#40:5, 7, 9, 12 Of tent van ontmoeting.. 6Die altaar vir die brandoffers moet buite staan, reg teenoor die ingang na die tent. 7Die waskom moet tussen die tabernakel#40:5, 7, 9, 12 Of tent van ontmoeting. en die altaar wees. Gooi dit vol water. 8Jy moet die linnemure rondom die binnehof opslaan en die gordyn by die ingang na die binnehof ophang.
9“Vat van die salfolie en sprinkel daarvan op die tabernakel#40:5, 7, 9, 12 Of tent van ontmoeting. en alles wat daarin is om dit so vir My te wy. Dit sal dan heilig wees. 10Sprinkel ook van die salfolie oor die brandofferaltaar en al sy bybehore om dit te heilig. Die altaar sal dan ook aan My gewy wees. 11Salf ook die koperbad op sy voetstuk om dit aan My te wy.
12“Laat Aäron en sy seuns dan na die ingang van die tabernakel#40:5, 7, 9, 12 Of tent van ontmoeting. toe kom. Was hulle daar met water. 13Trek vir Aäron sy spesiale klere aan en salf hom. Wy hom aan My sodat hy My as priester kan dien. 14Laat sy seuns ook naderkom. Trek ook hulle klere vir hulle aan. 15Salf hulle ook soos hulle pa en wy hulle aan My as priesters. Met hierdie salwing word Aäron en sy nageslag priesters vir altyd.”
16Moses het toe presies gemaak soos die Here vir hom gesê het. 17Die tent is opgerig op die eerste dag van die nuwe jaar. 18Moses het eers die voetstukke op hulle plek gesit. Daarna het hy die houtpanele daarop neergesit en hulle met die dwarslatte aan mekaar vasgesluit. 19Daarna het hy die dak oor die tent getrek en die boonste laag daar bo-oor getrek, soos die Here beveel het. 20Hy het die kliptafels met die getuienis binne-in die ark gesit, die drapale deurgesteek en die deksel bo-op die ark gesit.
21Toe het hy die ark in die tabernakel#40:21, 22, 24, 26, 28, 29, 30, 32, 33, 34, 35, 36, 38 Of tent van ontmoeting. neergesit. Hy het die gordyn voor die ark gehang om dit af te skort. Dit was presies soos die Here vir hom gesê het.
22Daarna het hy die tafel in die tabernakel#40:21, 22, 24, 26, 28, 29, 30, 32, 33, 34, 35, 36, 38 Of tent van ontmoeting. teen die noordelike muur neergesit net buite die afskorting. 23Hy het die offerbrode daarop neergesit voor die Here, net soos die Here vir hom gesê het.
24Hy het die kandelaar in die tabernakel#40:21, 22, 24, 26, 28, 29, 30, 32, 33, 34, 35, 36, 38 Of tent van ontmoeting. regoor die tafel teen die suidelike muur neergesit. 25Die lampies het hy aan die staander vasgesit soos die Here gesê het 26en die altaar vir die wierook in die tabernakel#40:21, 22, 24, 26, 28, 29, 30, 32, 33, 34, 35, 36, 38 Of tent van ontmoeting. het hy voor die afskorting neergesit. 27Toe het hy die geurige wierook daarop aan die brand gesteek, soos die Here vir hom gesê het.
28Hy het die gordyn by die ingang van die tabernakel#40:21, 22, 24, 26, 28, 29, 30, 32, 33, 34, 35, 36, 38 Of tent van ontmoeting. opgehang. 29Hy het ook die altaar vir die brandoffer by die deur van die tabernakel#40:21, 22, 24, 26, 28, 29, 30, 32, 33, 34, 35, 36, 38 Of tent van ontmoeting. neergesit, dit is die tent van ontmoeting, en daarop brandoffers en graanoffers aan die brand gesteek, soos die Here hom beveel het.
30Daarna het hy die waskom tussen die tabernakel#40:21, 22, 24, 26, 28, 29, 30, 32, 33, 34, 35, 36, 38 Of tent van ontmoeting. en die altaar neergesit en dit vol water gemaak sodat die priesters hulle daar kon was. 31Moses, Aäron en sy seuns het hulle hande en voete daar gewas.
32Elke keer wanneer hulle by die tabernakel#40:21, 22, 24, 26, 28, 29, 30, 32, 33, 34, 35, 36, 38 Of tent van ontmoeting. kom en na die altaar toe gaan, het hulle eers gewas, soos die Here vir Moses gesê het.
33Toe het hy die gordyn wat die binnehof rondom die tabernakel#40:21, 22, 24, 26, 28, 29, 30, 32, 33, 34, 35, 36, 38 Of tent van ontmoeting. en die altaar vorm, opgehang. Hy het ook die gordyn by die ingang na die binnehof opgehang. So het Moses sy werk afgehandel.
Die Here kom na die tabernakel toe
34Toe het die wolk afgesak en oor die tabernakel#40:21, 22, 24, 26, 28, 29, 30, 32, 33, 34, 35, 36, 38 Of tent van ontmoeting. gehang. Die heerlike teenwoordigheid van die Here het die tent gevul. 35Moses kon nie langer in die tabernakel#40:21, 22, 24, 26, 28, 29, 30, 32, 33, 34, 35, 36, 38 Of tent van ontmoeting. kom nie, want die wolk was oor die tabernakel en die teenwoordigheid van die Here het dit gevul. 36Wanneer die wolk van die tabernakel#40:21, 22, 24, 26, 28, 29, 30, 32, 33, 34, 35, 36, 38 Of tent van ontmoeting. af opgelig en begin beweeg het, het die Israeliete geweet dat hulle verder moes trek. 37As die wolk nie opgelig en begin beweeg het nie, het hulle net daar gebly. 38Die wolk van die Here het gedurende die dag oor die tent gehang en snags was daar vuur oor die tabernakel#40:21, 22, 24, 26, 28, 29, 30, 32, 33, 34, 35, 36, 38 Of tent van ontmoeting.. So het dit dwarsdeur Israel se reis gegaan.

Tans Gekies:

EKSODUS 40: NLV

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid