Wees op julle hoede en laat niemand julle op sleeptou neem met ’n leë, misleidende filosofie wat wel rekening hou met menslike tradisie en met wêreldse magte, maar nie met Christus nie. Die volheid van God is mos liggaamlik in Christus teenwoordig. En omdat julle één is met Christus deel julle in sy volheid – Hy wat die hoof is van elke heerskappy en gesag. Omdat julle één is met Christus is julle ook besny, nie met ’n besnydenis deur mense nie, maar met die besnydenis van Christus. Hierdie besnydenis bestaan uit die wegneem van julle sondige geaardheid. Toe julle gedoop is, is julle saam met Christus begrawe. Omdat julle één is met Hom is julle ook saam met Hom opgewek. Julle geloof in die krag van God het dit moontlik gemaak – hierdie selfde krag wat Jesus uit die dood opgewek het! Julle was eintlik dood omdat julle gesondig het en omdat julle sondige geaardheid nog nie weggeneem was nie. God het julle egter saam met Christus lewendig gemaak. Hy het ons al ons sondes vergewe. Hy het die dokument met voorskrifte wat as klagstaat teen ons gedien het, uitgevee en dit vir goed weggevat deur dit aan die kruis vas te spyker. So het Hy die regeerders en gesagvoerders ontwapen. Hy het hulle in die openbaar bespotlik gemaak deur aan die kruis oor hulle te triomfeer. Moet dus nie toelaat dat enigiemand julle veroordeel oor wat julle eet of drink, of oor die vier van sekere feesdae of die Nuwemaanfees of Sabbatte nie. Al hierdie dinge is net ’n skaduwee van wat sou kom. Die ware werklikheid is Christus! Laat niemand wat aandring op selfvernedering en engelverering – en dit met ’n beroep op visioene! – julle op sleeptou neem nie. Verniet dink hierdie mense, tipies van hulle sondige geaardheid, baie van hulleself. Hulle is nie aan die hoof verbind uit wie die hele liggaam groei nie. Vanuit die hoof groei die hele liggaam, ondersteun en saamgebind deur gewrigte en spiere. Gód laat dit groei!
Lees KOLOSSENSE 2
Luister na KOLOSSENSE 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: KOLOSSENSE 2:8-19
3 Days
If voices of insecurity, doubt, and fear are not confronted, they will dictate your life. You cannot silence these voices or ignore them. In this 3-day reading plan, Sarah Jakes Roberts shows you how to defy the limitations of your past and embrace the uncomfortable to become unstoppable.
7 Days
When God calls you to ministry, it can be overwhelming, but it can also be the best thing that ever happens to you. If your heart’s been stirred to plant a church, start here in God’s Word. Dig in to this seven-day reading plan, and find the encouragement you need to step out into God’s calling.
7 dae
Deur ons geloof is ons kinders van God. Daarom maak dit nie saak wat elke dag oor ons pad kom nie – ons kan aan die Onsienlike Een vashou en in sy vrede rus en bemoediging vind. Hierdie 7-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Riekert Botha uit sy dagboek OP VLERKE VAN GELOOF.
15 Dae
“Bewaar Jesus eerste” is die fokus van die brief aan die Kolossense, wat hulp bied in hoe om in volle identiteit met Christus te wandel. Reis daagliks deur Kolossense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's