Verduur saam met my lyding soos ’n goeie soldaat van Christus Jesus. Geen soldaat raak verstrengeld in die beslommernisse van hierdie lewe nie, want dan kan hy die een wat hom vir sy leër gewerf het, nie tevrede stel nie. ’n Atleet word nie gekroon as hy nie volgens die reëls deelneem nie. Hardwerkende boere is die eerste wat die vrug van hulle arbeid geniet. Dink na oor wat ek sê. Die Here sal jou help om al hierdie dinge beter te begryp. Onthou voortdurend dat Jesus Christus uit koning Dawid se nageslag gebore is en dat Hy uit die dood opgewek is. Dit is die Goeie Nuus wat ek verkondig. En omdat ek hierdie Goeie Nuus verkondig, ly ek en is ek soos ’n misdadiger in kettings geslaan. Maar die woord van God kan nie vasgeketting word nie. Ek is bereid om vir dié wat deur God gekies is, enigiets te verduur as dit vir hulle deur Christus Jesus verlossing en ewige heerlikheid sal bring. Hierdie woord is absoluut waar: As ons saam met Hom sterf, sal ons ook saam met Hom lewe. As ons verdrukking ly, sal ons saam met Hom regeer. As ons Hom ontken, sal Hy ons ook ontken. Maar as ons ontrou is – Hy bly getrou, want Hy kan Homself nie ontken nie.
Lees 2 TIMOTEUS 2
Luister na 2 TIMOTEUS 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 TIMOTEUS 2:3-13
6 Days
In times of extreme stress and hardship, we have one key weapon that will allow us to defeat all opposition: worship! In this six-day plan, David Villa is joined by various worship leaders to discuss how we can use this weapon effectively! Worship is our weapon!
9 Dae
Die tweede brief aan Timoteus roep God se mense op om vir God se woord te staan, dit te bewaar, te verkondig en, indien nodig, daarvoor te ly. Reis daagliks deur 2 Timoteus terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
10 Days
We have many battles yet to fight but we do not fight to achieve victory; we fight from the victory already achieved on the cross. There are certain enemies whom God delivers you from, but there are other enemies He empowers you to have dominion over. Deliverance is what God does in you; dominion is what He does through you.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's