Daar is ’n hele verskeidenheid geestelike gawes, en tog kom hulle van dieselfde Gees. En daar is ’n hele verskeidenheid bedienings, maar ons dien dieselfde Here. Daar is talle aktiwiteite in die gemeente, maar dit is dieselfde God wat al hierdie dinge kragtig in ons almal aktiveer. Elkeen van ons ontvang ’n manifestasie van die Gees om die gemeente te bevoordeel. Aan die een gee die Gees die bekwaamheid om goddelike wysheid te verkondig, aan ’n ander gee Hy die gawe van spesiale kennis. Aan iemand anders gee hierdie selfde Gees ’n heel besondere geloof, aan nog een gee Hy gawes van genesing, aan ’n volgende een die vermoë om wonders te verrig, aan ’n ander die gawe van profesie, aan nog een die vermoë om te onderskei tussen geeste, aan iemand anders die gawe van praat in tale, aan nog een die bekwaamheid om die tale uit te lê. Dit is een en dieselfde Gees wat al hierdie gawes bewerk en wat aan elkeen uitdeel soos Hy dit goedvind. Die menslike liggaam het baie ledemate, maar hierdie baie ledemate vorm almal saam net een liggaam. So is dit ook met Christus se liggaam. Party van ons is Jode, ander Grieke, ander weer slawe en nog ander vry mense. Maar ons is almal gedoop sodat ons nou die een liggaam van Christus is. En ons is almal van die een Gees deurdrenk. Ja, die liggaam bestaan nie net uit een ledemaat nie, maar uit baie.
Lees 1 KORINTIËRS 12
Luister na 1 KORINTIËRS 12
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 KORINTIËRS 12:4-14
3 Days
The largest of buildings starts with the laying of a single brick. Many of us get discouraged when we can’t seem to find the gift invested in us. Unless we recognize spiritual gifts, we cannot use them effectively for God’s glory. We need to start using our little bricks to build edifices that reflect our relationship to the Lord Jesus.
5 dae
Christenskap vereis opoffering van ons. Ons moet kies tussen ’n lewe vir onsself of vir Christus. Paulus het hieroor geskryf aan mense wat selfgesentreerd geleef het. Hy herinner hulle daaraan om Jesus te volg. In hierdie Bybelstudie van RightNow Media, neem Jennie Allen ons in die morsige lewens van die mense van Korinte en help ons om onsself vandag te onderskei van die wêreldse kultuur.
6 Days
Porn is a battleground with many casualties, including broken lives and relationships. It disconnects us from reality and negatively affects our expectations about sex and love. It triggers changes in our body that become addictive and harmful. It may lead to other sin and, worst of all, it moves us away from God’s love. God wants to help set you free from the pattern of lust, guilt, and broken promises.
7 Days
Churches call them small groups, cell groups, and LifeGroups. Names aside, they exist to create meaningful relationships amongst Christ followers. But why? Are these the people we navigate our mostly comfortable Christian lives with, or is there something more? This Bible plan, by the Life.Church LifeGroups team, is for anyone who thinks God can use their small group to cause massive growth.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's