Nadat hulle geëet het, vra Yeshua vir Shim’on Kefa: “Shim’on, seun van Yoganan, het jy My lief, meer as hulle hier?” Hy antwoord Hom: “Ja, my Meester, U weet dat ek U lief het.” Hy sê vir hom: “Wees ’n herder vir My lammers.”
Hy vra hom weer die tweede keer: “Shim’on, seun van Yoganan, het jy My lief?” Hy antwoord Hom: “Ja, my Meester, U weet dat ek U lief het.” Hy sê vir hom: “Wees ’n herder vir My skape.”
Hy vra hom die derde maal: “Shim’on, seun van Yoganan, het jy My lief?” Kefa het hartseer geword omdat Hy hom die derde keer vra: “Het jy My lief?” Hy antwoord Hom: “Meester, U onderskei alles, U weet dat ek U lief het.” Yeshua sê vir hom: “Wees ’n herder vir My ooie.”