1
Genesis 37:5
PWL in Standaard Protestantse Canon
SPC
Yosef het ook ’n droom gehad wat hy vir sy broers vertel het en hulle het hom nog meer gehaat.
Vergelyk
Verken Genesis 37:5
2
Genesis 37:3
Yisra’el het Yosef meer liefgehad as al sy seuns, want hy was vir hom die seun van hoë ouderdom en hy het vir hom ’n lang kleed gemaak met lang moue.
Verken Genesis 37:3
3
Genesis 37:4
Toe sy broers egter sien dat hulle vader hom meer as al sy broers lief het, het hulle hom gehaat en kon nie vredevol en vriendelik met hom praat nie.
Verken Genesis 37:4
4
Genesis 37:9
Toe het hy nog ’n droom gehad en dit aan sy broers vertel en gesê: “Let op, ek het nog ’n droom gehad; die son en die maan en elf sterre het hulle voor my neergebuig.”
Verken Genesis 37:9
5
Genesis 37:11
Sy broers was jaloers op hom, maar sy vader het wat hy gesê het bewaar. Hand 7:9
Verken Genesis 37:11
6
Genesis 37:6-7
Hy het vir hulle gesê: “Luister asseblief na hierdie droom wat ek gehad het. Let op, ons was besig om gerwe te bind op die land toe my gerf meteens opstaan en regop bly staan terwyl julle gerwe reg rondom kom staan en hulle voor my gerf neerbuig.”
Verken Genesis 37:6-7
7
Genesis 37:20
Kom nou, laat ons hom doodmaak en in een van die putte gooi en ons sal sê: “’n Wilde dier het hom opgeëet’ en ons sal sien wat van sy drome word.”
Verken Genesis 37:20
8
Genesis 37:28
Toe die Midyanitiese handelaars verbykom, het hulle Yosef opgetrek en uit die put uitgehaal en Yosef aan die Arabiere verkoop vir twintig stukke silwer. Húlle het Yosef na Mitzrayim gevat.
Verken Genesis 37:28
9
Genesis 37:19
Hulle het vir mekaar gesê: “Let op, die meester van drome kom!
Verken Genesis 37:19
10
Genesis 37:18
Toe hulle hom van ver af sien voordat hy naby hulle kom, het hulle listig beplan om hom dood te maak.
Verken Genesis 37:18
11
Genesis 37:22
Re’uven het ook vir hulle gesê: “Moenie bloed vergiet nie; gooi hom in hierdie put wat in die wildernis is, maar moenie die hand aan hom slaan nie” sodat hy hom uit hulle hand kon red om hom na sy vader terug te bring.
Verken Genesis 37:22
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's