en Hy het sommige as afgevaardigdes, sommige as profete, sommige as boodskappers van die goeie boodskap en sommige as herders en sommige as leermeesters gegee,
om die afgesonderdes volledig te maak vir hulle dade in die bediening tot opbouing van die liggaam van Die Gesalfde Een
totdat ons almal een sal wees in vertroue en in kennis van die Seun van God, een man, tot die mate van die volgroeidheid van Die Gesalfde Een.