YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

Gewilde Bybelverse vanaf Genesis 27

1

Genesis 27:28-29

Die Bybel 2020-vertaling

AFR20

Mag God jou van die dou van die hemel gee, en die vrugbaarste dele van die aarde, 'n oorvloed koring en •nuwe wyn. Volke sal jou dien en nasies sal diep voor jou buig. Wees 'n heerser oor jou broers, sodat die seuns van jou moeder diep voor jou sal buig. Hulle wat jou vervloek, is vervloek, en hulle wat jou seën, is geseënd.”

Vergelyk

Verken Genesis 27:28-29

2

Genesis 27:36

Die Bybel 2020-vertaling

AFR20

Esau het gesê: “Is dit omdat sy naam Jakob is dat hy my nou al twee keer bedrieg het? My eersgeboortereg het hy gevat, en kyk, nou het hy my seën gevat!” Toe vra Esau: “Het u nie vir my 'n seën uitgehou nie?”

Vergelyk

Verken Genesis 27:36

3

Genesis 27:39-40

Die Bybel 2020-vertaling

AFR20

Isak, sy vader, het daarop gereageer en vir hom gesê: “Kyk, weg van die vrugbaarste dele van die aarde sal jou woonplek wees, en weg van die dou van die hemel daar bo. Van jou swaard sal jy leef, en jou broer sal jy dien. Maar wanneer jy wegbreek, sal jy sy juk van jou nek afruk.”

Vergelyk

Verken Genesis 27:39-40

4

Genesis 27:38

Die Bybel 2020-vertaling

AFR20

Daarop vra Esau vir sy vader: “Het u dan net een seën, my vader? Seën my ook, my vader!” Toe begin Esau hardop huil.

Vergelyk

Verken Genesis 27:38

Gratis leesplanne en oordenkings oor Genesis 27

Vorige hoofstuk
Volgende hoofstuk
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
Afrikaans (South Africa)

©2026 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest