1
JOHANNES 3:16
Nuwe Lewende Vertaling
“God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.
Vergelyk
Verken JOHANNES 3:16
2
JOHANNES 3:17
God het immers nie die Seun na die mensewêreld toe gestuur om die mense te veroordeel nie, maar sodat die mense deur Hom verlos kan word.
Verken JOHANNES 3:17
3
JOHANNES 3:3
Jesus het daarop reageer: “Ek verseker jou, as iemand nie van bo gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.”
Verken JOHANNES 3:3
4
JOHANNES 3:18
“Die persoon wat aanhou glo in Hom, word nie veroordeel nie. Die een wat egter nie aanhou glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie tot geloof gekom het in die enigste Seun van God nie.
Verken JOHANNES 3:18
5
JOHANNES 3:19
Dít is die beslissende vonnis: die lig het na die mensewêreld toe gekom, en tog het die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was boos.
Verken JOHANNES 3:19
6
JOHANNES 3:30
Hy moet in belangrikheid toeneem en ek moet afneem.
Verken JOHANNES 3:30
7
JOHANNES 3:20
Elkeen wat doen wat sleg is, haat die lig en kom nie na die lig toe nie sodat sy dade nie bekend word nie.
Verken JOHANNES 3:20
8
JOHANNES 3:36
Wie aanhou glo in die Seun, het nou reeds die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie ervaar nie, maar die oordeel van God rus op hom.”
Verken JOHANNES 3:36
9
JOHANNES 3:14
Net soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, só moet die Seun van die Mens verhoog word
Verken JOHANNES 3:14
10
JOHANNES 3:35
Die Vader het die Seun lief en Hy het Hom gesag oor alles gegee.
Verken JOHANNES 3:35
YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's