Gratis leesplanne en oordenkings oor ROMEINE 10:11

God Is So Goed
5 Dae
Daar is krag en vrede tot jou beskikking, ongeag die omstandighede wat jy ondervind. Herontdek die goedheid van God in hierdie 5-dag leesplan van Life.Church Worship, gebaseer op die nuwe album, "God So Good".

Onbereiktes
5 dae
Die goeie nuus van Jesus verander alles. Deur Jesus is ons sondes vergewe, is ons verlos van ons verlede en is ons toekoms verseker. In Hom het ons versoening, transformasie, hoop en ‘n doel om voor te lewe. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons na situasies in die Bybel kyk wat die lewensveranderende krag van die evangelie aan mense wys wat dit vir die eerste keer hoor.

In Liefde Gegrond: Om die Christelike Lewe Voluit te Leef
7 Dae
Hoe kan ons meer Christus-gesentreerde lewens leef? Hierdie 7-dag leesplan, is gebaseer op "Rooted in Love," 'n boek vir die Lydenstyd deur al die area biskoppe in die Bisdom van Londen. Dit is propvol praktiese bemoediging en hoop om jou as 'n dissipel te help groei en maniere te vind om God elke dag die middelpunt van jou lewe te maak.

Dís my Jesus.
7 dae
Jesus Christus se wondertekens op aarde wys ons hoe God se krag kan transformeer en vermenigvuldig. Hy vul ons met sy liefde. Hy red ons omdat ons in Hom glo. Hy bring genesing. Hy voorsien in al ons behoeftes. By Hom het ons die ewige lewe. Ek en jy is tot alles in staat deur Jesus Christus wat ons die krag gee.

Regverdiging: 'n Studie oor Romeine
16 Dae
Romeine, wat beskou word as een van die teologies rykste boeke van die Nuwe Testament, is 'n verhandeling oor die teologie van verlossing. Om te begin met die hopeloosheid van ons sonde-gevulde toestand, wys Paulus hoe God geregtigheid aan sy mense verskaf deur Jesus Christus. In Romeine word ons daaraan herinner dat regverdiging nie uit status of morele prestasie kom nie, maar uit geloof in die plaasvervangende dood en heerlike opstanding van Jesus Christus.

21-Dae van Gebed vir Vriende
21 Dae
Dis dikwels vir ons moeilik om die evangelie met vriende te deel. Ons word óf deur vrees oorweldig, óf weet nie wat om te deel nie. Ons het almal 'n sielelas nodig om ons verlore vriende vir Christus te bereik. Hierdie is 'n 21-dae oordenking wat ons help om spesifiek na te dink oor Skrifgedeeltes wat verband hou met evangelisasie, en dit gaan gepaard met 'n kort gebed vir elke dag.

Delf dieper deur Romeine
25 Dae
Delf dieper deur Paulus se meesterlike uiteensetting van die evangelie in Romeine. Elke dag bied opeenvolgende gedeeltes uit Romeine met insiggewende kommentaar op die kernwaarhede van redding deur geloof, die vreugde van 'n regte verhouding met God, en die krag van die Heilige Gees. Dit lei jou om die praktiese implikasies van jou geloof te ontdek, die beloftes van God te omhels, en jou lewe in Sy diens te stel. Of jy vir die eerste keer Romeine lees of jou bestaande kennis wil verdiep, hierdie plan sal jou inspireer en lei na 'n vars verhouding met die Here Jesus Christus.