Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 42:6

Ek is Bemoedigend
4 dae
Om ander te bemoedig, is meer as om net 'n rasieleier te wees. Laat hierdie 4-dag leesplan van Life.Church jou help om die skoonheid en krag van bemoediging te ontdek. Begin lees uit deel drie van die reeks "Bly Positief" wat uit ses gedeeltes bestaan.

Hoe Om Te Lei Wanneer Jy Nie In Beheer Is Nie
5 Dae
Laat jy toe dat jou gebrek aan outoriteit jou verlam? Een van die grootste mites van leierskap is dat jy in beheer moet wees om te kan lei. Goeie leiers koop dit nie. Goeie leiers lei met of sonder outoriteit en leer om hulle invloed los te laat waar hulle ookal kom.

Meesterbrein
7 Dae
Dit is alles in jou kop. Maar wat as dit 'n goeie ding is? Ons gedagtes is meer as net 'n reaksie op wat in ons lewens gebeur — dit is 'n sterk krag wat ons vorm in wat ons is en ook wat ons kan word. Leer by alledaagse mense soos jyself hoe jy die kragtige waarheid van Romeine 12:2 kan gebruik om die meesterbrein in jouself te ontgin.

Hoop vir elke dag
7 dae
Soos Dawid in die Psalms, voel ons maar soms so bietjie wanhopig, afgemat en moedeloos. Dan is dit tyd dat ons die Here vra om weer die hoop in ons hart aan te vuur en vir ons nuwe krag te gee! Hierdie sewe kort en inspirerende dagstukke deur Jimi le Roux, sal elke dag vir jou hoop en vernuwing bring.

Here, dis ek hierso!
7 dae
Voel jy soms bang en moedeloos omdat die lewe se uitdagings net te veel vir jou raak? Voel jy soms jy hoor nie meer God se stem nie? Wonder jy selfs oor jou eie identiteit? Gelukkig is God so lief vir jou dat Hy jou vul met sy krag as jy na Hom toe kom. Hy kan selfs meer gee as wat jy vra. Roep Hom! Hy sien jou raak.

Woord Vir Vandag
10 dae
Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.

God Se Antwoord Op Vrees, Bekommernis En Angs
18 Dae
Hoe kan ons vrees, bekommernis en angs oorkom? Die Bybel het iets hieroor te sê en jy kan oorwinning behaal deur God se waarhede toe te pas. Pastoor Greg Laurie het 18 daaglikse oordenkings geskryf om jou te help om vrees, bekommernis en angs te oorkom. Deel dit gerus met ander wat in hul vertroue met Jesus Christus wil groei. Harvest Ministries en Greg Laurie

Leef 'n Lewe Wat God Eer
23 Dae
In die apostel Petrus se eerste brief aan die Christene, bespreek hy die regte houding teenoor ander mense, die posisie van 'n man en vrou binne 'n huwelik, en hoe om lyding te hanteer. Hierdie leesplan dek hoofstukke 2 en 3 van Petrus se brief.

121 Advent
24 Dae
Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons Hom ken en daagliks met Hom wandel. Dit is ons hoop dat hierdie leesplan jou sal bemoedig om persoonlike tyd in die Woord deur te bring en dat dit 'n bron sal wees vir gesinne met kinders om dit saam te lees.

Liggaamshoudings Gedurende die Adventtyd: 'n Leesplan vir Kersfees
27 Dae
Die liggaamshoudings wat ons gedurende die Kersseisoen inneem, maak 'n groot verskil aan hoe ons die wonder van die Adventtyd ervaar. Word geïnspireer deur jouself gedurende hierdie 4-week leesplan volkome aan Jesus oor te gee, net op Hom te fokus en die genade van ons Koning as jou eie te aanvaar, terwyl jy deur vyf verskillende liggaamshoudings beweeg: Oë Gerig, Kop Opgelig, Knieë Gebuig, Hande Oop en Arms Wyd.