Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 35:9

Lewe Veranderd: Geestelike Oorlogvoering
5 Dae
As Christene het ons die krag van Jesus Christus wat in ons woon, maar dikwels gee ons die krag oor aan die een wat ons teëstaan. Daar is 'n geestelike oorlog wat oral om ons plaasvind, maar ons is nie hulpeloos nie. Ons kan kies om ons Godgegewe gesag te gebruik om vir onsself en vir ons geliefdes te veg. Hierdie leesplan sal jou aan jou geestelike wapens bekendstel en jou vir die stryd gereed maak!

Sewe Dae van Bid deur Verlies
7 Dae
Sewe Dae van Bid deur Verlies, is 'n spesiale 7-dag veldtog wat ontwerp is om jou gees te versterk en jou hart te bemoedig. Elke dag bevat 'n Skrifgedeelte, spesifiek vir daardie dag se gebed en 'n gebed vir jou om te bid of te gebruik as basis vir jou eie gebed oor daardie dag se onderwerp van herstel van verlies. Gedurende hierdie sewe dae sal jy hoop in die Woord van God vind en bemoediging in die wete dat sy liefde en vertroosting in enige situasie joune is.