Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 147:5

Veranderde Lewe: Vergifnis
6 dae
Baie van ons loop nog rond met wonde van wat mense in die verlede gesê of gedoen het. Ons sukkel gedurig onder die gewig van daardie las, want ons is ongewillig of onseker hoe om te vergewe. Hierdie leesplan gaan nie daaroor om iemand vry te stel of ander beter te laat voel nie. Dit is vir jou. Vir jou om te leer hoe om te vergewe sodat jy kan genees, jy vrede van jou verlede kan vind en 'n veranderde lewe kan begin leef.

7 Gebede Vir Onverskrokke Krygers
7 dae
Cora Jakes Coleman lewer sewe onverskrokke gebede om jou te help om elke demoniese vesting af te breek en jou 'n hewige kryger vir God te maak.

Tye van groei
7 Dae
Ons almal gaan deur moeilike tye. Ons wil dit nie hê nie, maar dié tydperke van seer en stywe geestelike spiere vorm in jou iets wat geen ander ervaring sou kon voortbring nie. Dalene Reyburn herinner jou in hierdie 7 oordenkings dat ons soms uitgedaag word en selfs intense spanning beleef sodat ons kan groei. Ons kan egter ook onthou dat God ons steeds styf vashou terwyl ons groei!

Bid God Se Waarheid Oor Jou Vrese
10 Dae
Of dit nou familielede of vriende is wat hul vrese deel en of dit die nuuskanale is met die jongste gebeure, dit blyk dat daar meer as genoeg is om oor bekommerd te wees; en dit skuif 'n mens se fokus na vreesaanjaende omstandighede. Dis in tye soos dié dat mens jou gedagtes met God se waarheid moet vernuwe. Hierdie 10-dag leesplan sal jou help om God se waarheid oor jou hart, siel en verstand af te bid.