Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 138:8

Jesus, ek het U nodig!
3 Dae
Voel jy 'n diepe behoefte aan Jesus? Hierdie 3-dag leesplan oor gebed is ontwerp om jou alleentyd met Hom te verryk en jou te help om na Hom uit te roep. Dit dien ook as 'n begeleide gebed vir die agt-deel reeks "Jesus, ek het U nodig" deur Thistlebend Ministries.

Leef Jou Roeping Deur Jean Keys
5 Dae
Hierdie 5-dag-leesplan sal lesers aanmoedig om hul roeping te vind, hul diepste passie te ontwikkel en hul droom uit te leef. Elke dag bevat gedagtes rondom ’n spesifieke tema (soos om jou talente en vaardighede te ontdek, jou passie te herstel en jou droom na te streef) en eindig met ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Jean Keys se “Leef jou roeping”.

Jy kán God vertrou deur Nina Smit
5 dae
Neem ’n paar oomblikke aan die begin of einde van jou dag om jou hart stil te maak en weer jou verhouding met God te versterk. Gebaseer op “Jy kán God vertrou” deur Nina Smit, gee die geliefde skrywer lesers aanmoediging in moeilike tye. Sy herinner jou aan God se oneindige liefde en sorg vir alle gelowiges. Elke dag bevat ’n Bybelvers, ’n gedagte vir die dag en ’n gebed.

God, Waar Is U?! (Saam Met John Bevere)
7 Dae
Voel jy verlore in ’n moeilike tydperk van jou lewe en wonder “GOD, WAAR IS U?!” In hierdie insiggewende leesplan rus topverkoper outeur, John Bevere, ons toe met sleutel Bybelse insigte en diepgaande stories wat sal help om jou te begelei deur die droë en moeilike tye en om in pas te kom met alles wat God vir jou in gedagte het.

'n Lewenswyse van Aanbidding
7 Dae
Jesus het gesê: "God is Gees en sy aanbidders moet Hom in gees en in waarheid aanbid." As jy gewonder het hoe hierdie vers van toepassing is op jou daaglikse lewe, dan sal hierdie sewe-dag leesplan jou begrip van aanbidding verbeter en jou in staat stel om 'n lewe van aanbidding te lei. Hierdie oordenking het getuienisse en praktiese wenke vir 'n lewenstyl van aanbidding.

Moenie Moed Verloor nie Deur Jason Meyer
7 Dae
Die redes vir moedeloosheid is sterk, maar die redes om moed te skep en aan hoop vas te hou, is nog sterker. Ons moet die groter prentjie sien. Deur Bybelse waarheid en persoonlike verhale moedig die skrywer, pastoor en teoloog Jason Meyer die moeë en angstige gelowige aan. Hy werp lig op die aard van die werklikheid en die aard van God, en hoe die twee mekaar in ons daaglikse lewens ontmoet.