Gratis leesplanne en oordenkings oor SPREUKE 14:30

Staan Sterk In ’n Wankelende Wêreld Deur Angelique Du Toit
5 dae
Hierdie 5-daglees-plan vir ’n doelgerigte lewe sal lesers aanmoedig om hul Godgegewe talente te ontwikkel, om helder te skyn in ’n donker wêreld en om elke dag te groei in hul verhouding met God. Elke dag bevat gedagtes rondom ’n spesifieke tema (soos lewensdoel, vertroue, innerlike genesing en hoop) en eindig met ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Angelique du Toit se " Staan sterk in ʼn wankelende wêreld" .

Breek Vry Van Afguns 'n 6-dag Leesplan deur Anna Light
6 Dae
Vandag, meer as ooit tevore, sien ons mense se lewens hoe hulle wil hê dit gesien moet word. Wanneer ons dit vergelyk met ons eie lewe, kan dit afguns veroorsaak. Jy wil nie toelaat dat hierdie gees in jou sweer nie, maar wat van die skade wat afguns aanrig wanneer dit deur iemand anders teen jou gerig is? In hierdie leesplan gaan jy ontdek hoe om afguns te oorkom, jou hart te beskerm en in vrede te wandel.

Gebed
21 Dae
Leer hoe om te bid, deur gebruik te maak van die gebede van gelowiges en die woorde van Jesus. Vind bemoediging daarin om op 'n daaglikse en gereelde basis jou versoeke, met deursettingsvermoë en geduld, na God te neem. Weeg die voorbeelde van leë, selfbehaaglike gebede op teenoor opregte gebede van persone met rein harte. Bid gedurig.