Gratis leesplanne en oordenkings oor FILIPPENSE 3

Filippense
2 Dae
Hierdie eenvoudige leesplan sal jou deur die boek van Filippense neem en is gepas vir individuele- of groepstudie.

Filippense
5 Dae
Indien jy in 'n tronk — 'n kerker — sit omdat jy van 'n misdaad aangekla word wat jy nie gepleeg het nie, wat sal jy vir jou vriende skryf? Paulus se brief aan die Filippense kerk openbaar 'n man wat met vreugde vervul is — al sit hy in 'n Romeinse tronk. Filippense is 'n kragbron van moed en vreugde ten aanskoue van erge beproewings. Sluit aan by Kris Langham terwyl hy jou deur die boek, Filippense, lei.

Every Nation Faith City - Inperkingsbriewe
5 dae
Daar is ʼn oomblik in ons almal se lewe waar ʼn aspek van ons lewe, emosioneel of geestelik, onder inperking is. Die Apostel Paulus het briewe geskryf om kerke te bemoedig wat hulself vind in moeilike tye, terwyl hy self opgesluit was. Sy gevangeskap het hom nie gekeer om die goeie nuus te deel nie. Ons gaan met die dagstukke deur die boeke van Filippense, Filemon en Kolossense werk.

Om te Help Sonder om te Skaad: Die Bybel en die Armes
10 Dae
Die Bybel gee ons die opdrag om vir die armes en verdruktes te sorg. Kom verken die diepte van God se besorgdheid oor hulle, en hoe jy dalk sélf op hierdie roeping kan reageer. Elke dag sluit ’n ware verhaal of staaltjie, ’n Skrifgedeelte en oordenking, ’n uitdaging en ’n gebed in. Die oordenkings is geïnspireer deur, of aangepas uit Steve Corbett en Brian Fikkert se boek "When Helping Hurts: How to Alleviate Poverty Without Hurting the Poor ... and Yourself".

BibleProject | Kort Kursus oor die Apostel Paulus
9 dae
In hierdie tien dag plan sal jy voorgestel word aan vier kort briewe van die apostel Paulus. In Galasiërs bespreek Paulus of mense van ander kulture ook die Tora moet onderhou. In Efesiërs wys hy hoe die Evangelie versoening bring tussen God en mekaar. In Filippense bemoedig hy gelowiges met Jesus se voorbeeld van self opofferende liefde en in Tessalonisense bemoedig Paulus vervolgde Christene met hoop in koning Jesus.

21 Dae in God se Woord
21 Dae
Die keuses wat jy maak bepaal uiteindelik die koers van jou dag, jaar en selfs jou lewe. Hierdie 21-Dae Leesplan sal jou help om 'n daaglikse gewoonte te begin deur te fokus op wat die meeste saakmaak - om kontak te maak met God, deur sy Woord. Ons gaan vyf boeke van die Nuwe Testament lees - Galasiërs, Efesiërs, Filippense, Kolossense en Judas. Is jy gereed vir die uitdaging? Kom ons begin!

Kom Ons Lees Saam die Bybel (Junie)
30 Dae
Deel ses van 'n reeks van 12, wat groepe deur die hele Bybel lei in 365 dae. Nooi ander om elke maand by jou aan te sluit as julle 'n nuwe afdeling begin. Hierdie reeks werk goed saam met die Bybel op CD — luister in minder as 20 minute per dag! Elke afdeling sluit Ou- en Nuwe Testamentiese hoofstukke in, met Psalms tussendeur versprei. Deel ses sluit die volgende boeke in: Efesiërs, Filippense, Kolossense, Jona, Rigters, Rut en 1 Samuel.