Gratis leesplanne en oordenkings oor FILIPPENSE 2:12

Omvou deur Genade
5 dae
God se verlossing bly die een aspek van ons geloofslewe wat ons met vreugde moet vul oor wat God vir ons gedoen het. Deur sy dood aan die kruis het Jesus Christus vir ons ’n tweede kans verdien. Hierdie 5-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies deur Suid-Afrikaanse skrywer Dalene Reyburn uit haar dagboek OMVOU DEUR GENADE. Sy deel met jou die wonder van God se verlossing en hoe dit ons lewe elke dag beïnvloed.

Nie Bang Nie: Hoe Christene op Krisisse kan Reageer
5 Dae
As 'n krisis in ons wêreld plaasvind, is dit maklik om ons geloof te bevraagteken, en is dit moeilik om die paniek wat ons ondervind te vervang met die vrede wat ons as volgelinge van Jesus beloof is. In hierdie vyf-dag leesplan van Pastoor Craig Groeschel se reeks, "Not Afraid", ontdek ons drie dinge wat ons as Christene kan doen wanneer ons 'n krisis in die gesig staar.

Die Seën van die Alledaagse
10 Dae
Wat as die knaende gevoel dat jou geestelike lewe meer skouspelagtig moet wees, nie van die Heilige Gees af kom nie? Hierdie oordenking openbaar dat om vrede te vind wat jou verstand te bowe gaan, nie in groener weivelde is nie, maar in jou huidige lewe. Sluit die volgende tien dae by ons aan terwyl ons die seën vind in die wonderlike alledaagse, en leer om tevrede te wees daarmee.

10 Kernwaarhede Van Dissipelskap
10 dae
'n Lewe van oorwinning, is dit moontlik? Ja dit is! Die Woord sê dat ons in Christus meer as oorwinnaars is! Om vanuit hierdie oorwinning te leef is dit belangrik dat ek en jy sekere waarhede oor Jesus en sy afgehandelde werk in ons lewens vasmaak. Kom ontdek in die volgende 10 dae 10 kernwaarhede van dissipelskap wat jou sal help om in hierdie raamwerk te anker .

Paulus se Gevangenisbriewe: Paulus en die Filippense
14 Dae
Hierdie leesplan ondersoek Paulus se brief van hoop en bemoediging vir die tye van vervolging en benoudheid wat hy en die Filippense in die gesig gestaar het.

Koninkryk Kom
15 Dae
Ons het gehoor dat Jesus "lewe in oorvloed" aanbied en ons smag na daardie ondervinding. Ons wil die lewe hê wat aan die anderkant van verandering is. Watter soort verandering het ons nodig? Hoe moet ons te werk gaan om te verander? In Koninkryk Kom sal jy 'n nuwe manier verken om die onderstebo en binnestebuite lewe te lei waarin God ons nooi.

Hiervoor geskep: 'n Studie oor Identiteit, Inpas en Doel
15 Dae
Wie is ek? Hoekom is ek hier? Waar pas ek in? Wat is my doel? As jy ooit oor groot vrae soos hierdie nagedink het, is jy nie alleen nie. Diep binne voel ons almal of daar meer aan die lewe is, dat ons vir meer geskep is. In hierdie 15-dag leesplan, sal ons ontdek wie ons geskep is om te wees, waar ons waarlik inpas en ware aanvaarding vind, en vir watter doel God ons geskep het!

Filippense
20 dae
Hierdie "dankie"-briefie aan die Filippense gee hulle 'n vreugdevolle perspektief van die moeilike tye waarin hulle verkeer en moedig hulle aan om nederig saam daardeur te gaan. Reis daagliks deur Filippense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Filippense - Kies Vreugde
27 Dae
Vreugde is die tema van die boek Filippense. Dit is ongelooflik, want hierdie brief is deur Paulus geskryf terwyl hy in die tronk was. Hoe is dit moontlik om vreugdevol te wees te midde van oorweldigende hartseer en lyding? Paulus leer ons dat Jesus die Outeur en enigste bron van ware vreugde is.

Liggaamshoudings Gedurende die Adventtyd: 'n Leesplan vir Kersfees
27 Dae
Die liggaamshoudings wat ons gedurende die Kersseisoen inneem, maak 'n groot verskil aan hoe ons die wonder van die Adventtyd ervaar. Word geïnspireer deur jouself gedurende hierdie 4-week leesplan volkome aan Jesus oor te gee, net op Hom te fokus en die genade van ons Koning as jou eie te aanvaar, terwyl jy deur vyf verskillende liggaamshoudings beweeg: Oë Gerig, Kop Opgelig, Knieë Gebuig, Hande Oop en Arms Wyd.