Gratis leesplanne en oordenkings oor FILIPPENSE 1:13

Vreugde is 'n Persoon
4 Dae
Die lewe is moeilik! Ons sukkel in ons verhoudinge en ons verstandelike en emosionele reserwes is op. Ons het iets groter nodig wat ons kan aanraak, koop of op ons eie kan uitdink. Iets wat ons kan help om die moeilikste tydperke in ons lewens te oorleef. Sluit by Robin Meadows se 4-dag leesplan aan, geneem uit die vollengte Bybelstudie "Joy is a Person: A Deep Dive into Philippians".

Eerder Vreugde as Spanning: Hoe Om Vreugde 'n Daaglikse Gewoonte te Maak
6 dae
Ons is oorspanne. Die samelewing maak ons wys dat ons die volgende gelukkige oomblik moet najaag om spanning te kan oorwin. Die Bybel skets egter vir ons 'n ander prentjie. Hierdie 6-dag leesplan sal jou wys hoe jy prakties jou daaglikse spanning kan beveg deur Bybelse vreugde 'n gewoonte te maak.

WARE DEUG: Herfokus op dit wat die Meeste Saak Maak
6 dae
Voel dit vir jou of jou lewe op outomaties gestel is? Dan is dit tyd om te herfokus op die dinge wat werklik saak maak. In hierdie 6-dag leesplan wat op pastoor Craig Groeschel se boodskapreeks "True Virtue" gebaseer is, sal ons ontdek hoe om verby leë deugde te beweeg na 'n vol lewe wat God eer en ander inspireer.

Filippense/Kolossense: Dat Ek Hom Mag Ken
7 dae
Waarom is dit dat mense so maklik mislei kan word aangaande geestelike sake ? In ’n tyd wanneer so baie mense beweer dat húlle al die antwoorde het, kan ons vind dat ons hopeloos verward is, en ’n verwronge begrip van Jesus Christus het. Waarheen kan ons gaan vir ’n duidelike beeld van wie Jesus werklik is?

Om die Oorlog in Jou Gedagtes te Wen
7 Dae
Die meeste lewensgevegte word in ons denke gewen of verloor. Hoe kan ons egter begin om meer van hierdie gevegte te wen? In hierdie 7-dag leesplan uit die boek van Pastoor Craig Groeschel van Life.Church, sal ons ontdek hoe om giftige gedagtes te beveg, om gedagtes wat buite beheer raak te oorkom, en om die oorlog in ons denke te begin wen, deur gebruik te maak van God se waarheid as ons gevegsplan.

Vind Betekenis te Midde van Verandering
7 Dae
Hoe reageer ons wanneer die lewe nie uitwerk soos ons beplan het nie of wanneer ons 'n ompad neem? Wanneer ons verandering ervaar, is dit maklik om oorweldig te word met gevoelens van verwarring, woede en teleurstelling. God wil egter iets beter vir ons gee. Leer hoe jy kan begin om verandering te koester, selfs te midde van ‘n chaotiese proses.

Wat Jesus Gesê Het Oor God Die Heilige Gees
7 Dae
Oor die algemeen weet Christene 'n aantal dinge oor die gawes van die Heilige Gees. Ons weet egter nie genoeg van die Persoon en Godheid van die Heilige Gees nie. Hierdie leesplan sal jou help om meer te verstaan van die Heilige Gees as God en as een van die Persone in die Drie-eenheid.

Paulus se Gevangenisbriewe: Paulus en die Filippense
14 Dae
Hierdie leesplan ondersoek Paulus se brief van hoop en bemoediging vir die tye van vervolging en benoudheid wat hy en die Filippense in die gesig gestaar het.

Filippense
20 dae
Hierdie "dankie"-briefie aan die Filippense gee hulle 'n vreugdevolle perspektief van die moeilike tye waarin hulle verkeer en moedig hulle aan om nederig saam daardeur te gaan. Reis daagliks deur Filippense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Filippense - Kies Vreugde
27 Dae
Vreugde is die tema van die boek Filippense. Dit is ongelooflik, want hierdie brief is deur Paulus geskryf terwyl hy in die tronk was. Hoe is dit moontlik om vreugdevol te wees te midde van oorweldigende hartseer en lyding? Paulus leer ons dat Jesus die Outeur en enigste bron van ware vreugde is.

Oswald Chambers: Vreugde - Krag In Die Here
30 Dae
Ontdek die wysheid van Oswald Chambers, skrywer van "My Utmost for His Highest", in hierdie skatkis van insigte oor vreugde. Elke oordenking bevat aanhalings deur Chambers, asook vrae vir jou eie persoonlike besinning. Soos hy jou met sy eenvoudige en direkte Bybelse wysheid inspireer en uitdaag, sal jy vind dat jy meer tyd wil afstaan om met God te kommunikeer.

'n Sprong van Vreugde
31 Dae
Die Bybel leer ons dat "in sy teenwoordigheid is daar volkome blydskap" en dat "die vreugde van die Here ons sterkte is". Vreugde is nie net nog 'n emosie nie, dit is 'n vrug van die Gees en een van die beste wapens in ons arsenaal om ontmoediging, depressie en nederlae te beveg. Bring 31 dae deur om te leer wat die Bybel sê van vreugde en versterk jouself om 'n oorwinnende en vreugdevolle Christen te word.