Gratis leesplanne en oordenkings oor NEHEMIA 1:7

In Diens Van Jesus, in Diens Van Ander
5 Dae
In hierdie 5-dag leesplan praat Stephan Joubert oor die ware aard van leierskap. Hy fokus veral op diens aan ander en hoe leiers ander kan help om die wêreld te sien en te verstaan, om die verlede te evalueer en om vir die toekoms te beplan. Maak die praktiese konsepte jou eie sodat jy mense tot hoër hoogtes kan inspireer.

Hoe Moet Ons Bid?
6 dae
Gebed is 'n geheimenis. Hoe moet ons bid? Waarvoor bid ons? As God reeds alles weet, hoekom bid ons? Ons weet dat gebed 'n deurslaggewende deel van 'n Christen se lewe uitmaak, maar dit is dikwels 'n uitdaging. Soos ons deur die voorbeeld werk wat Jesus vir ons in die Ons Vader gegee het, sal ons verskillende elemente van gebed ondersoek en sal jy maniere ontdek om jou eie gebedslewe te ontwikkel.

Guns By Konings
7 Dae
Jy smag daarna om 'n betekenisvolle lewe te lei. Wat as jy dit egter heeltemal verkeerd aangepak het? Kry die antwoorde in die memoires van Nehemia. Dit kom uit Pastoor Caleb Anderson se nuwe boek "Favor with kings".

Die Goeie Werk
7 dae
Dis dalk nie vir jou moontlik om die hele wêreld te verander nie, maar jy kan jóú deel daarvan verander. Wat is jou doel? Wat is jou verhaal? Wat wil God deur jou doen? Vind uit deur Nehemia se ondervindinge in hierdie nuwe Life.Church leesplan, wat pastoor Craig Groeschel se boodskapreeks, Die Goeie Werk, vergesel.

Esra/Nehemia/Ester: Oorkom Vrees en Ontmoediging
7 dae
Hierdie in-diepte studie van die Ou Testamentiese boeke van Esra, Nehemia en Ester, vertel die lewensverhale van gewone manne en vroue wat oorweldigende omstandighede, gelaai met vrees en ontmoedigings, getrotseer het. Tog het hulle oorwin. Jy kan ook! Kom ons kyk na Nehemia en hoe hy ontmoediging oorkom het.

Die Ons Vader Gebed
8 Dae
Sluit aan by J.John vir hierdie 8-dae leesplan wat handel oor die Ons Vader, daardie wonderlik diepgaande en nuttige onderrig, waarmee Jesus ons geleer het hoe ons moet bid.

Nehemia
12 dae
Wanneer Israel na hulle land terugkeer, is Jerusalem in 'n slegte toestand; 'n gewone man, Nehemia, herbou die muur om die stad in hierdie laaste Historiese boek. Reis daagliks deur Nehemia terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Bid
24 Dae
Die beste manier om in jou gebedslewe te laat groei, is om te leer uit ander se gebede. Hierdie leesplan laat ons luister na helde uit die Bybel se gebede in verskillende situasies en vir verskillende doelwitte. Die leesplan is ontwerp om saam met die boodskapreeks "Pray", deur Craig Groeschel, gelees te word. (Jy kan aanlyn by life.church daarna kyk). Moenie alleen bid nie, bestudeer hierdie inhoud saam met jou kleingroep.